GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika 1880-2005 ([Deel 1]) - pagina 302

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika 1880-2005 ([Deel 1]) - pagina 302

[Deel 1]

3 minuten leestijd Arcering uitzetten

PRO-DUITS

dig was i. Die grootste politieke party, die Her[enigde] Nasionale Party (Dr. D.F. Malan), n . Die Ossewabrandwag ('n Volkse beweging met Dr. J.F. van Rensburg as leier), i n . Ons nasionale ekonomiese beweging, die Reddingsdaadbond (met Dr. Diederichs as leier), iv. Ons nasionale kulturele beweging, die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (met Dr. P.J. Meyer as leier) en Prof. L.}. du Plessis (van Potchefstroom) wat geeneen van die organisasies verteenwoordig het nie en deur die eenheidskomitee as voorsitter juis daarom aangewys is. Dit nou kon die H . N . P . (Dr. Malan) nie aanvaar nie; want sy standpunt was dat die Politieke leier voorsitter van die komitee moes wees en as politieke regering van die toekoms finaal die beleid moes bepaal. Na baie bemiddelingspogings het dit tot 'n breuk gekom, wat 'n openbare skeuring geword het, toe 'n H . N . P . kongres Dr. Pirow en sy aanhangers weens hul Fasjistiese neigings uit die H . N . P . wou weer, - iets waarteen Dr. van Rensburg protes aangeteken het, omdat die idee van die O.B. volkseenheid was. Van af toe het 'n bitter volksverdelende stryd geheers onder Boere wat oor die geheel dieselfde ideale gehad het. b. Die H . N . P . wil die bestaande staatsvorm, die van 'n Liberalistiese Demokrasie, maar in Boers-nasionale gees, handhaaf, 'n staatsvorm waarin partye moet bestaan en mekaar beveg. Die O.B. wil 'n nuwe staatsvorm hê, die van 'n gesagsstaat, wat Christelik, Nasionaal en Sosiaal wil wees en waarin die demokratiese partystelsel vervang word deur rigtinge wat die owerheid kan beinvloed, maar sal trag soveel as moontlik saam te werk. Ongelukkig is Dr. v. Rensburg geen Calvinis nie, hy het sterk Nasionaal-Sosialistiese tendense. Ongelukkig is Dr. Malan ook geen Calvinis nie, hy het sterk Liberalistiese tendense. Maar beide wil die Christelike beginsels van ons Boerelewe en Boerekarakter handhaaf. Dr.v. Rensburg laat dan ook die beleidsbepaling oor aan Prof. L. J. du Plessis, wat intussen lid van die Groot Raad van die O.B. geword het; hij (nl. Dr. v. R[ensburg].) noem homself 'n Realpolitiker wat volkseenheid en 'n vrye republiek begeer. Ongelukkig verder het die O.B. sy drie beginsels: Christelik, Nasionaal en Sosiaal 'n Christelike Nasionaal-Sosialisme gaan noem, met die gevolg dat in die volkstwis hierdie Nasionaal-Sosialisme met die uitheemse, Duitse Nasionaal-Sosialisme gelykgestel geword het; self sou ek die beleid liewers Christelik-Sosiale Nasionalisme genoem het. En so het die Europees-Amerikaanse antitese van Liberalisme (Engeland en Amerika) en Nasionaal-Sosialisme (Duitsland) in gewysigde vorm sy neerslag alhier gevind.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 2005

Historische Reeks | 455 Pagina's

De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika 1880-2005 ([Deel 1]) - pagina 302

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 2005

Historische Reeks | 455 Pagina's