Gedenkboek van de viering van het 50-jarig bestaan der Vrije Universiteit te Amsterdam op 20-22 oktober 1930 - pagina 196
172 REDE PROF. DR G. BESSELAAR
in studiewerke en ander persarbeid die bane gewys vir die be-
oefen van wetenschap en kuns in gereformeerde rigting; in sake
van politiek en onderwys het u manne geywer vir suiwerheid van
beginsel; die V. U. het uiting gegee aan ongeartikuleerde strewings
en intuïesies van die gereformeerde volksdeel — en in al hierdie
prestasies, tot stand gebring in die eng tydruimte van 'n halwe
eeu, het u Nederland opgestoot in die vaart van die volkere en
op 'n hoogte gestel, waar dit erken die eer van Gods Naam. Dit
het die bewondering en jaloezie opgewek van Christennasies wat
dieselfde roeping het, maar dit in praktiese Kalvinisme nog nie
in die mate vervul het nie.
In die paar weke wat ek eers in Europa is, is ek tweemaal
treffend daarvan oortuig. In September was ek op die Gerefor-
meerde Wereldbond in Elberfeld. Sestien Europese nasies was
daar verteenwoordig en het gepraat met verdeelde tonge^ maar
tog as van vuur. Daar was 'n bewuste gereformeerde kern, veral
uit die jong Kalviniste van Switserland. Die afwezigheid van ver-
teenwoordigers van die V. U. is daar betreur, hoewel die rede
gebillik is.
Daarna was ons in Londen en het die voormanne ontmoet van
die Sovereign Grace Union. Ons het daar saamwerking bepleit
met die Kalviniste in S. Afrika en ek het daar vertel, hoe ek na
dertig jaar in Nederland teruggekeer, 'n unieke verskynsel aan-
getref het in die volkslewe: dat hier nie net onder predikante nie,
maar onder mediese en ander doktore en professore, onder advo-
kate en regters, onder ministers en parlementslede, onder industriële
en tegnisie, onder landvoogde van Oos- en Wes-Indië, manne uit-
blink wat opkom vir die eer van God en wat die volkslewe rig na
ewige beginsels. In die debat se iemand: Hoe krij Holland dit reg ?
ons het nie die mense nie! — Toe verwijs ek na die V. U. as die
bakermat en kweekplek van manne wat God vrees en niemand
anders nie.
Na hierdie Vrije Universiteit kyk S. Afrika hoopvol en heilig
jaloers. Die Afrikaners is die afstammelinge van Hugenote en
Watergeuse. Paul Kruger is ons nasionale held wat bij die passie
van die mistiek gevoeg het die aksie van die Kalvinisme. Ons het
die manskappe, maar U moet ons help om die offisiere te vorm
en die handboeke te skrywe vir strategie. Die S. A. Kalviniste wil
wel bewaar en verdedig, maar hulle wil ook aanval en verower.
Ons stuur ons diamante Amsterdam toe om geslyp te word; ons
wil ook, sover ons dit nie self kan doen nie, ons seuns stuur:
vorm hulle tot kerkleiers, ja! maar slyp hulle ook tot advokate,
vyl hulle tot literatore, distilleer hulle tot manne van eksakte
wetenschap wat op alle gebiede van die lewe God wil vrees en dien.
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van donderdag 1 januari 1931
Publicaties VU-geschiedenis | 262 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van donderdag 1 januari 1931
Publicaties VU-geschiedenis | 262 Pagina's