Studentenalmanak 1913 - pagina 195
FARRAGO 181
Eindelik word die ding so opgelos: almal sal kok
wees. Eén is dan houtdraër, 'n ander waterdraër, één koker
en die ander twee moet sorg dat die pampoen schoon in
die pot kom en die koffie ook; op hierie manier kan dan
bij die ete geëen die ander verwijt nie.
Met die eterij was dit 'n affaire, want jij het daar op
die veld natuurlik geen tafel om jou voete onder te steek
nie. Op 'n gelijk plekkie grond word die tafeldoek uitgesprei
en dan moet jij maar op die beste manier perbeer jou
hande en jou mond so dich moontlik bij jou bord te krij.
Daar is natuurlik verschillende oplossinge voor, naar smaak,
gemak of kunstgevoel; dan kan daar ook nog 'n minder
of meer gevoel van vorm wees, maar ceremonies is bij
die huis achtergelaat. Dus één manier is om op jou maag
te leh soos 'n akkedissie ( = hagedisje), maar dan loop jij
gevaar om met jou hele gezich in jou bord kos te lande
te kom (en dit lijk ook baje soos vee). Op jou knieë kan
jij leh, maar dan krij jij rugpijn (en dit lijk ook so danig
na 'n slamse kerk). Die beste manier is amper om met
jou bene oormekaar te sit soos 'n snijer of 'n mannetje
Turk. (Op jou hurke slaat jij weer te maklik achteroor).
Hierie rnoeilikhede het ons darrem nie laat honger
lij nie.
T o e die eterij verbij was, kom daar 'n tweede moeilikheid:
hoe sal ons slaap.? Binne in die wa is dit te klein en buite
is dit te koud; maar ons kruip toch almal in, en het net
so lang rondgedraai en geschuive, hiernatoe en soontoe,
tot ons aan die slaap geraak het om die ander dag op te
staan met 'n stijve nek of gedraaide been, want die een
het nie plek ver sij voete gehad nie, en 'n ander moes sij
kop uitsteek; pertij het gekla oor benauwdheid en 'n ander
oor te min komberse.
Doch, soos altijd, het dit toch eindelik weer dag
geword. Die smarte van die lange, lange Winternach was
vergeet in die vreugde van 'n nieuwe dag.
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 januari 1913
Studentenalmanak | 238 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 januari 1913
Studentenalmanak | 238 Pagina's