Studentenalmanak 1938 - pagina 156
die rigting vasstaan en by wie dit net gaan om die meer of minder
getroue voortgang op die ingeslane weg of eerder van Godgegewe
weg. Die lewe as probleem en ekspirement word dan óf individueel
deur die mens aangepak, of anders gee almal saam huUe lewe aan
een persoon met die opdrag dat hy moet sien wat hy daarvan kan
maak. Twjrfel word hier dus wel by die ondergeskiktes uitgeskakel
insover van huUe verwag word om onvoorwaardelik aan een man te
glo, maar hy het dan weer die reg om vir almal se part te twyfel
en te ekspirementeer — die prinsiepe bly dieselfde: die lewe is die
mens se eiendom en hy kan daarmee doen wat hy wil.
Die Antwoorde van Calvinisme en Humanisme in verband met
Platteland en Stad as Omgevoing.
As ons nou hier probeer nagaan hoedat die stadsomgewing sekere
beskouinge en opvattinge by die mens sterk en versterk, en so ook
die platteland in 'n ander rigting, dan wil ons geensins daarmee
beweer dat die omgewing die enigste bepalende rol in die vorming
van lewens- en wereldbeskouing is nie. Ons wil daarmee geensins
die leer verkondig dat die mens produk van sy omgewing en lewens-
omstandighede is nie, maar glo tog dat tot 'n sekere mate daar 'n
sterk invloed van die omgewing uitgaan. Ons stel ons dit nl. só
voor, dat, waar die mens bepaalde beskouinge huldig dit 'n feit is
dat langdurige lewe onder sekere omstandighede daardie beskouinge
óf sal verskerp en versterk óf verswak en uiteindelik sal laat ver-
dwyn indien daar geen ander teen-iavloede aan die werk is nie. So
glo ons bv. nie dat 'n Skrifgelowige noodwendig in die stad, selfs
na geslagte ongelowig sal word nie, ook nie dat die ongelowige ge-
lowlg sal word as hy alleen maar in die natuur leef nie, maar
alleen dat die gelowige se stryd in die stad moeiliker is. Verder wil
ons hierby net beklemtoon dat ons onder platteland insluit alle
lewe in direkte kontak met die natuur (bv. die lewe van seelui);
ook dat waar ons die invloed daarvan op mense bespreek ons mense
bedoel wat reeds gekersten is. Vir die heiden wat nie die vryheid in
Christus ken nie, is en bly die natuur 'n monster, iets wat te vrees
en uit vrees te aanbid is, maar geensins iets wat vrugbaar inwerk
op sy denke en lewenshouding soos by die Christen in die natuur,
vir wie die natuur iets geword het wat hy kan liefhê omdat dit ook
Skepping is van dieselfde Almagtige God en Vader van wie hy die
vryheid in Christus ontvang het. Daarby sou ons duidelikheidshalwe
ook waar ons spreek van die stadsmens liefs die aandag wil beperk
tot die humanistiese stadmens — voorlopig altans.
I. Wat is die Al?
Die mens is beperk in sy gesigskring, die horison van sy ervaring lê
nooit ver uitgestrek nie. Waar hy hom in sy denke bemoei oor vrae
oor groot en uitgestrekte dinge daar verkies hy dikwels om dit te
doen na aanleiding, of eerder in analogie met sy direkte omgewing.
148
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's