Studentenalmanak 1938 - pagina 159
nie alleen nie, dan tog as groep, en voel hom nie so maklik geboei
en beperk deur onoorbrugbare wette nie. Hy sien die heerlikheid
en glorie van die mens se grootste skeppinge —sy pragtigste skU-
derye, sy grootse bouwerke, sy magtige oseaanskepe, sy kuns en
wetenskap en tegniek, in kort alles wat die mens gelewer het en kan
lewer. Heel selde sien hy hoedat die oseaanreus magteloos worstel
in die golwe van die see; die magteloosheid van die mens teen 'n
orkaan of teen 'n droogte is iets waarvan hy hoor maar wat hy nie
in die stad aan lewende lywe ervaar nie. Is dit nie hierom begryplik
dat dit vir hom baie makliker is om die eer aan de mens toe te ken,
om aan hom die soevereiniteit toe te ken? Eis dit van die stadmens
nie honderdmaal meer om sy hoof te buig voor God nie?
Hiermee het ons vanself ook punt a bespreek nl. die opvatting van
die Skrif dat die Skepping 'n wonderwerk uit niks deur Goddelike
Almag geskape is teenoor die vae antwoord van die humanisme nl.
dat die al 'n magtige gegewenheid is, 'n onpeilbare kompleks wat
ergens heen ontwikkel. Die begrip van die wonder van ontstaan is
ook vir die mens wat in die natuur lewe miskien makliker om te
begryp, vir die stadmens moeillker omdat hy nergens in die stad dit
ervaar nie: hy ervaar en sien meestal maar net hoedat voorhandige
stof verwerk word en aangewend word tot hoer doeleindes — bv.
in die bou van 'n huis uit gevormde grond ens. ens.
II. Wat is die Kwaad?
Die teenstelling tussen die Skrifbeskouing en die van die huma-
nisme kan ons hier in verband stel met twee hoofpunte nl. a. Waar
die Skrif die mens beskou as oorsprong van die sonde, dus die wortel
van die kwaad in die mens se hart vind, daar vind die humanisme
dit in een of iets anders buite die mens. b. Waar die Skrif 'n abso-
lute kloof handhaaf tussen goed en kwaad, tussen lewe en dood,
tussen gehoorsaamheid en opstand, daar beskou die H. dit as 'n
relatiewe teenstelling van beter en minder goed. Dus waar die
Skrif die mens neerhaal en aankla as Die boosdoener in die Skep-
ping, daar verheerlik die H. hom as die Bedder daarvan en waar die
Skrif 'n absolute kloof sien daar erken die H. 'n relatiewe onder-
skeid.
Hierdie gedagtes oor kwaad en sonde kan die mens natuurlik nie uit
die natuur kry nie en ook nie juis uit die stad nie, maar tog, as
sekere opvattinge gegee is, soos bv. in die Woord van God dan
glo ons dat dit makliker, menslik gesproke, ingang vind by mense
wat deur 'n natuuromgewing in huUe denke gevorm is as by mense
wat deur die stad in huUe denke beïnvloed word. Dit kom veral na
vore as ons afvra hoe ervaar die mens respektiewelik in die natuur
en in die stad die gevolge van die kwaad of die sonde, in welke
vorm kom hy daeliks daarmee in aanraking?
Die hoofverskil kan ons miskien saamvat in die twee woorde: dood
151
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's