Studentenalmanak 1938 - pagina 149
en sake maar hulle gang moet laat gaan. il. Die krag van Europa
was te danke aan iets wat hy destyds besit het, en nou nie meer
besit nie, maw. as hy weer daardie besit kan herwen, sal hy ook
weer daardie krag herwen. Hieruit spruit dan geen roekelose self-
vernietigrng of blinde berusting nie, maar 'n daadwerkelike soeke
na dit wat ontbreek. Die antwoord hierop word dan vanself die
lewenskwessie: almal stem saam daar moet teruggegaan word na
iets van die verlede, maar verder is daar alles behalve eenstemmig-
heid. Sommige wil teruggaan na die ou gode en godeverering, ander
terug tot die ou waarhede van die Hervorming. Op die vraag kan
en wil ons nie hier ingaan nie, maar dit is die aanleding tot die
vraag wat ons wel wil probeer bespreek en ontleed.
Hierby neem ons dan vir onsself aan dat dit wat Europa gehad het,
en waaraan tot 'n groot deel sy krag en heerskappy te danke was,
die lewens- en wêreldbeskouing, meer nog: die lewenshouding van
die Hervormers was. Daarmee bedoel ons dat die geloof destyds in
die Skrif, in die God van die Skrifte, nieteenstaande alle verskille,
so sterk was dat dit mag beskou word as die vernaamste faktor
wat destyds aanwesig was en nou ontbreek. Die mense het geglo
dat God bestaan, dat Hy aan hulle 'n kultuurroeping gegee het en
het daarom die krag gehad om die middele wat tot hulle beskikking
was te gebruik in diens van die uitvoering van die roeping. Vandag
is daar baie meer middele, maar sonder die besef van 'n roeping
baat die beste geleenthede en Instrumente niks nie.
As ons dit aanneem dan vra ons onsself af: waarom bestaan daardie
geloof, daardie lewens- en wêreldbeskouing, met sy lewenshouding
van krag en energie in diens van God, vandag nie meer in Wes-
Europa nie? Dit is ook 'n vraag waarop ons nie kan en nie wil
ingaan nie, maar netsoos die vorige vraag waarop ons nie kon en
nie wou ingaan nie, bring dit ons nou werklik by die probleem wat
„ons wel wil bespreek en ontleed", nl. Is die verandering van lewens-
houding nie gedeeïtelik te wyte aan 'n verandering van lewensom-
standighede nie, maw. watter verband is daar tussen die verande-
ring van lewens- en wêreldbeskouing en die omgewing en omstan-
dighede waaronder die mens leef? Ons wil die probleem egter nog
meer inperk, en dit dan nl. beperk tot die van die verband tussen
Calvinisme as lewens- en wêreldbeskouing, met 'n eie tiperende
lewenshouding, en die omgewing of omstandighede waaronder die
mens leef. As twee teenoorgestelde omgewings kies ons dan die van
die stad (stad in die sy allermodernste vorm van wêreldgrootstad)
en platteland (liefs in sy mees „primitiewe", ongekultiveerde, on-
geskonde staat).
Hierdie keuse van de Calvinisme as tipe van lewens- en wêreld-
beskouing, is reeds gedeeïtelik gemotiveer in ons aanname dat
Europa sy krag te danke gehad het aan onder andere die lewens-
houding van die Skrif n.1. die aanvaarding in woord en daad van
die lewe as 'n gawe van God met 'n baie duidelijke en sterk roeping
vanself daarby. Verder sou ons dit kon motiveer deur ons oortui-
141
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's