Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 149

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 149

3 minuten leestijd

en sake maar hulle gang moet laat gaan. il. Die krag van Europa

was te danke aan iets wat hy destyds besit het, en nou nie meer

besit nie, maw. as hy weer daardie besit kan herwen, sal hy ook

weer daardie krag herwen. Hieruit spruit dan geen roekelose self-

vernietigrng of blinde berusting nie, maar 'n daadwerkelike soeke

na dit wat ontbreek. Die antwoord hierop word dan vanself die

lewenskwessie: almal stem saam daar moet teruggegaan word na

iets van die verlede, maar verder is daar alles behalve eenstemmig-

heid. Sommige wil teruggaan na die ou gode en godeverering, ander

terug tot die ou waarhede van die Hervorming. Op die vraag kan

en wil ons nie hier ingaan nie, maar dit is die aanleding tot die

vraag wat ons wel wil probeer bespreek en ontleed.

Hierby neem ons dan vir onsself aan dat dit wat Europa gehad het,

en waaraan tot 'n groot deel sy krag en heerskappy te danke was,

die lewens- en wêreldbeskouing, meer nog: die lewenshouding van

die Hervormers was. Daarmee bedoel ons dat die geloof destyds in

die Skrif, in die God van die Skrifte, nieteenstaande alle verskille,

so sterk was dat dit mag beskou word as die vernaamste faktor

wat destyds aanwesig was en nou ontbreek. Die mense het geglo

dat God bestaan, dat Hy aan hulle 'n kultuurroeping gegee het en

het daarom die krag gehad om die middele wat tot hulle beskikking

was te gebruik in diens van die uitvoering van die roeping. Vandag

is daar baie meer middele, maar sonder die besef van 'n roeping

baat die beste geleenthede en Instrumente niks nie.

As ons dit aanneem dan vra ons onsself af: waarom bestaan daardie

geloof, daardie lewens- en wêreldbeskouing, met sy lewenshouding

van krag en energie in diens van God, vandag nie meer in Wes-

Europa nie? Dit is ook 'n vraag waarop ons nie kan en nie wil

ingaan nie, maar netsoos die vorige vraag waarop ons nie kon en

nie wou ingaan nie, bring dit ons nou werklik by die probleem wat

„ons wel wil bespreek en ontleed", nl. Is die verandering van lewens-

houding nie gedeeïtelik te wyte aan 'n verandering van lewensom-

standighede nie, maw. watter verband is daar tussen die verande-

ring van lewens- en wêreldbeskouing en die omgewing en omstan-

dighede waaronder die mens leef? Ons wil die probleem egter nog

meer inperk, en dit dan nl. beperk tot die van die verband tussen

Calvinisme as lewens- en wêreldbeskouing, met 'n eie tiperende

lewenshouding, en die omgewing of omstandighede waaronder die

mens leef. As twee teenoorgestelde omgewings kies ons dan die van

die stad (stad in die sy allermodernste vorm van wêreldgrootstad)

en platteland (liefs in sy mees „primitiewe", ongekultiveerde, on-

geskonde staat).

Hierdie keuse van de Calvinisme as tipe van lewens- en wêreld-

beskouing, is reeds gedeeïtelik gemotiveer in ons aanname dat

Europa sy krag te danke gehad het aan onder andere die lewens-

houding van die Skrif n.1. die aanvaarding in woord en daad van

die lewe as 'n gawe van God met 'n baie duidelijke en sterk roeping

vanself daarby. Verder sou ons dit kon motiveer deur ons oortui-

141

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 149

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's