Studentenalmanak 1938 - pagina 158
die duistere newels van onbekendheid gehul is. Daar is geen vaste
wet of gang nie: waar die perd alleen perd kan word en bly daar
kan die stad omgebou word, verander word, skyn dit grensloos te
wees in sy moontlikhede; netso met sy elnde — hoe groot en hoe
mooi kan 'n stad word? Niemand kan dit sê nie. Die begin is vaag
maar geen wonder nie, dit is die produk van een of ander mens of
groep van mense, dit is nie verskyn uit die niet nie maar is net
'n omvorming van voorhandige materiaal. Begrjrpelik dat groot ge-
dagtes soos wonder, wet as begrensing, voleinding as afronding by
die mens wat In merg en been steeds is, iets vreemd is, vreemd in
die sin dat dit by hom nie aansluiting by die gedagtewêreld van sy
naaste omgewing nie, maar heeltemal as iets nuuts en andersoortigs
in sy siel en lewe opgeneem moet word. Vaagheid en onbeperkte
moontlikhede is die groot gedagtes wat die stad by die mens wek,
wonder en wet as begrensing is die groot gedagtes wat die natuur
by die mens kweek. Vir die stadsmens wat sien hoedat 'n gebou
afgebreek word en 'n kinderpark word, hoe dinge verander word
na die willekeur van die mens, glo moeiliker as die natuurkenner
dat die mens deur God geskape is en nie uit 'n oerkiem ontwikkel
is nie, en nog moeiliker dat die mens perke en grense het waarbo
hy nie kan uitkom nie. Des te makliker glo hy aan 'n ewige ont-
wikkeling, 'n voortgang ad Infinitum, vanaf die oerkiem in die vae
verlede tot die uiteindelike goddelike volmaaktheid in die duistere
toekoms.
Dieselfde merk ons op by punt b. nl. dat die C. die eer aan God
gee as Skepper, dus Sy soevereiniteit erken waarteenoor die H. die
eer aan die mens as toppunt van die ontwikkeling toeken en daar-
mee aan hom die soevereiniteit, dws. besit, eiendomsreg en beskik-
kingsreg ook toeken.
Die mens wat in die natuur lewe word deur die storm op see, die
orkaan op land, deur droogte of deur watervloede baie gou geleer
dat hy maar een klein skepseltjie in die groot natuur is, dat hy wel
sterk en magtig mag wees, maar dat wat hy nie kan doen baie meer
is as wat hy wel kan doen. Die majesteit van 'n geweldige berg-
reeks, die wye wydheid van die see of die oneindigheid van 'n vlakte,
die mens so onmag teen klimaatsomstandighede — alles laat hom
besef dat hy klein is en dat die wereld groot en sterk is. Des te
makliker is dit dan vir hom om te glo aan 'n Almagtige Skepper,
aan 'n Soevereine God wat aan die weefsel van die plant sy wet en
groeikrag gee, aan die wildedier sy krag, aan die see sy mag en die
aardkors sy vrugbaarheid. In die mate is dit ook vir hom makliker
om die God en Skepper en Vader te aanbid en Hom die verskuldigde
eer en heerlikheid te probeer toebring.
Wat sien die mens wat in die stad alleen lewe? Hy sien die mens
bou die stad uit dooie grond, hy sien hom alles beheers daarin, die
verkeersvoertuie, sy medemense, die weersomstandighede, voedsel-
voorrade — alles onder sy heerskappy. Hy doen wat hy wil, indien
150
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's