Studentenalmanak 1938 - pagina 161
t-
reken in terme van skade, (klinkende munt gewoonlik daarby) ter-
wyl die mens in die natuur meer getref word deur die onherstel-
baarheid van die dood as verlies van die lewe. Die skade wat hy
daarby ly is dikwels vir hom bysaak.
As hierdie uiteensetting van ons reg is, dan lyk dit heel natuur-
lik dat die mens in die natuur meer geneig sal wees om die leer
van die Skrif in die verband te aanvaar nl. dat die sonde, die dood
in die mens se hart is en nie van buite kom nie, maar veral dat
deur die sonde daar 'n absolute kloof ontstaan is en bestaan tussen
lewe en dood, eersgenoemde as gehoorsaamheid aan die wet, laas-
genoemde as gevolg van die verbreking van bande en grense, van
oortreding van die wet. Hierteenoor lyk dit ook asof die beskouinge
van die humanisme makliker sal inpas by die denke van die stede-
ling, veral waar dit kwaad sien as iets relatiefs, iets wat deur voor-
sorg en vlyt uit die weg geruim kan word in sy nadelige gevolge
vir die mens. In die natuur is die mens magteloos teenoor die dood,
in die stad kan wat sieg is verbeter word, skade kan herstel word
— is dit nie gedeeltelik hierom makliker vir die eersgenoemde mens
om te glo aan verlossing uit genade nie en moeiliker vir laasgenoem-
de om af te sien van werkheiligheid nie? Dit kan moontlik nog ver-
sterk word in beide gevalle respektiewelik deur die opmerking dat
in die natuur alles groei sonder die mens, hy eintlik een van die
grootste doodmakers is, waarteenoor hy in die stad ondervind dat
niks gebou raak en verbeter word wat hy nie bou nie en nie verbeter
nie, en wat verkeerd loop kom meestal deur nie-menslike faktore
bv. deur die ineenstorting van mure of van die stuurstang van 'n
auto. (As die stadmens ver genoeg sou dink sol hy insien dat die
mure wat ineenstort deur mense gemaak is en so ook die stuurstang,
maar dit doen hy gewoonlik ongelukkig nie.) By wat reeds gesê is
in verband met die aanname al dan nie van verlossing uit genade
kan ons nog net tenslotte bjrvoeg: in die natuur sien die mens dat
een dorre streek reen en daarmee nuwe lewe kry sonder dat die een
meer verdienste as die ander het, dat een plant sterf en die ander
leef in 'n haelstorm sonder enige verskil van verdienste, dat een
mens siek word en sterf en die ander lewe in dieselfde ongesonde
klimaat — maak dergelike ondervindinge dit nie vir hom makliker
om te aanvaar dat daar soiets is as uitverkiesing en verwerping af-
gesien van verskil van verdienste? In die stad sien die mens ook
party mense ondergaan en ander hoer styg, maar meestal is dit vir
hom moontlik om dit direk of indirek toe te skryf aan verdienste of
negatief aan onregverdigheid, maar dan onregverdigheid van mense
en nie van 'n God waarteen daar geen aanklag te maak is nie. In
die natuur is daar vir die mens geen ander moontlikheid as om die
lewe wat aan hom gegee is te aanvaar uit dank sonder om te wil
verklaar waarom dit aan sy vriend ontneem is; in die stad besef
die mens nooit daardie finale onverbiddelikheid nie en glo hy nog
altyd dat op een of ander manier sake in orde gebring kan word, en
netso sal hy ook meer geneig wees om saam met die humanisme te
153
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's