Studentenalmanak 1938 - pagina 157
As ons dit sal kan aanneem dan kan ons verwag dat die mens in die
natuur hom die Al, die Heelal sal voorstel soos die natuur om hom
en dat die mens in die stad dit sal doen na analogie van die stad
om hom.
By die antwoorde van die Skrif en van die humanisme op hierdie
eerste groot vraag vind ons in hoofsaak die volgende teenstellinge:
a. C : Die Al is 'n Skepping, in aansjm geroep uit niks, 'n won-
derwerk;
H.: Die Al is iets, die mens weet nie juis wat nie.
b. C : Dit is deur God geskape, deur Sy Almag, dus Sy eiendom,
tot Sy eer.
H.: Die mens as hoogste in die ontwikkelende Al is doelpunt en
regeerder daarvan.
c. C : Die Skepping het 'n duidelike begin, 'n vaste voortgang vol-
gens wet, 'n duidelike Voleinding.
H.: In die vae verlede het die Al begin, dit gaan na 'n vae
toekoms, het op die oomblik 'n oneindigheid van moontlikhede
in sig.
In die natuur sien die mens, om nou by punt c te begin, baie duidelik
en sterk by elke lewende wese, hetsy plant of dier die wonder van
lewe in sy eerste verskyning, die vaste en duidelike begin, daarna
groei en ontwikkeling volgens eieaard en inherente wet van eie
wese, tot 'n vaste eindpunt nl. volgroeidheid. Die begin, ontstaan
van lewe as wonder ervaar en sien die mens wat in die natuur leef
daeliks. Die groei en ontwikkeling volgens bepaalde eie wet, dus
binne sekere perke word netso daeliks gesien, — 'n eik kan alleent'
van 'n eik kom, kan alleen eik wees en sal nooit iets anders word
nie, so elke dier ook: perd bly perd, skaap bly skaap hoewel elkeen
in homself kan groei. Netso: mens bly mens — soos elkeen na sy
soort ontstaan en groei en later ook sterwe. Begryplik dat selfs die
ongekerstende natuurmens na analogie hiervan geneig is om die
aarde, die wereld in sy geheel voor te stel as beginnende uit 'n
wonder, as beperk deur eie wet en as ontwikkelende na 'n eindpunt
van volkomendheid. Waar die natuurlike mens hiertoe geneig mag
wees, daar is byna vanselfsprekend dat die gedagtes van die Skrif
by hom besonder maklik ingang sal vind, en waar hy dit reeds besit
besonder sal versterk word deur die omgewing waarin hy leef. As die
Skrif hom leer daar is 'n wonderbegin, 'n voortgang volgens vaste
wet, 'n duidelike voleinding dan is dit vir hom presies analoog met
bv. die groei van 'n boom, waar hy ook wonder sien, wet as grens en
rypheid of volgroeidheid.
Byna net die teenoorgestelde sien die stadsmens om hom In die
stad: die stad kom gewoonlik uit die vae verlede, omhul met legende
en verbale; maar heel selde weet die mens presies waar, wanneer
en hoe 'n stad gestig is. Die kind wat in die stad opgroei leer om dit
te aanvaar as 'n magtige groot gegewenheid waarvan die begin in
149
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's