Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 157

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 157

3 minuten leestijd

As ons dit sal kan aanneem dan kan ons verwag dat die mens in die

natuur hom die Al, die Heelal sal voorstel soos die natuur om hom

en dat die mens in die stad dit sal doen na analogie van die stad

om hom.

By die antwoorde van die Skrif en van die humanisme op hierdie

eerste groot vraag vind ons in hoofsaak die volgende teenstellinge:

a. C : Die Al is 'n Skepping, in aansjm geroep uit niks, 'n won-

derwerk;

H.: Die Al is iets, die mens weet nie juis wat nie.

b. C : Dit is deur God geskape, deur Sy Almag, dus Sy eiendom,

tot Sy eer.

H.: Die mens as hoogste in die ontwikkelende Al is doelpunt en

regeerder daarvan.

c. C : Die Skepping het 'n duidelike begin, 'n vaste voortgang vol-

gens wet, 'n duidelike Voleinding.

H.: In die vae verlede het die Al begin, dit gaan na 'n vae

toekoms, het op die oomblik 'n oneindigheid van moontlikhede

in sig.

In die natuur sien die mens, om nou by punt c te begin, baie duidelik

en sterk by elke lewende wese, hetsy plant of dier die wonder van

lewe in sy eerste verskyning, die vaste en duidelike begin, daarna

groei en ontwikkeling volgens eieaard en inherente wet van eie

wese, tot 'n vaste eindpunt nl. volgroeidheid. Die begin, ontstaan

van lewe as wonder ervaar en sien die mens wat in die natuur leef

daeliks. Die groei en ontwikkeling volgens bepaalde eie wet, dus

binne sekere perke word netso daeliks gesien, — 'n eik kan alleent'

van 'n eik kom, kan alleen eik wees en sal nooit iets anders word

nie, so elke dier ook: perd bly perd, skaap bly skaap hoewel elkeen

in homself kan groei. Netso: mens bly mens — soos elkeen na sy

soort ontstaan en groei en later ook sterwe. Begryplik dat selfs die

ongekerstende natuurmens na analogie hiervan geneig is om die

aarde, die wereld in sy geheel voor te stel as beginnende uit 'n

wonder, as beperk deur eie wet en as ontwikkelende na 'n eindpunt

van volkomendheid. Waar die natuurlike mens hiertoe geneig mag

wees, daar is byna vanselfsprekend dat die gedagtes van die Skrif

by hom besonder maklik ingang sal vind, en waar hy dit reeds besit

besonder sal versterk word deur die omgewing waarin hy leef. As die

Skrif hom leer daar is 'n wonderbegin, 'n voortgang volgens vaste

wet, 'n duidelike voleinding dan is dit vir hom presies analoog met

bv. die groei van 'n boom, waar hy ook wonder sien, wet as grens en

rypheid of volgroeidheid.

Byna net die teenoorgestelde sien die stadsmens om hom In die

stad: die stad kom gewoonlik uit die vae verlede, omhul met legende

en verbale; maar heel selde weet die mens presies waar, wanneer

en hoe 'n stad gestig is. Die kind wat in die stad opgroei leer om dit

te aanvaar as 'n magtige groot gegewenheid waarvan die begin in

149

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 157

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's