Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 153

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 153

3 minuten leestijd

Heelal, Wereld vir die Skrifgelowige gegee is as Skepping. Daar-

mee beklemtoon ons die volgende: a. Dit is Skepping, dus tot aan-

syn geroep uit niks. b. Dit is Skepping deur God geskape, deur Sy

Almag, dus Sy eiendom, alleen tot Sy eer en heerlikheid. c. Dit het

'n vaste beginpunt, 'n vaste voortgang volgens 'n eie bepaalde wet,

en 'n duidelike voleindingspunt.

Hierteenover is die antwoord van die mens sonder die Openbaring

van God besonder vaag en onbevredigend. Die Al of Heelal word

op een of ander manier aanvaar as 'n gegewendheid, hetsy as 'n idee

of worstelperk van blinde kragte. Dit bly in elk geval 'n probleem

omdat op die sekere groot vrae geen vir-die-mens-bevredigende ant-

woord kan kom nie nl. waarvandaan kom dit, waarheen gaan dit

en wat is dit? Die begin is in die verlede toe geen mens by was

om notule te hou of wetenskaplike observasies te maak nie, die einde

is 'n kwestie van spekulasie, niemand weet iets daarvan af nie,

die hede is 'n geweldige probleem. Onder al die moontlike antwoor-

de wat hierop na vore kom kies ons gerieflikheids- en duidelikheids-

halwe hier net een uit nl, die wat ons sou kon noem humanistiese

vooruitgangsteorie. Vooruitgangsteorie noem ons dit omdat daar op

een of ander manier geglo word aan vooruitgang: die Al kom

iewers uit die donker verlede, dit gaan na een of ander Utopie, die

lewe begin in een of ander oerkiem, dit ontwikkel deur die eeue

heen tot een of ander goddelikheid. Ons noem dit humanisties om-

dat die mens beskou word as die hoogtepunt van die ontwikkeling

tot dusver en omdat die verdere ontwikkeling gesien word as ter-

wille van die mens, in die rigting van die goddelike Uebermensch.

Saamvattend kan ons hier dus sê op die vraag wat is die Al: a. Dit

is iets, die mens weet nie juis wat nie. b. Die mens is die hoogste

daarin, beheers die meeste daarvan, is dus eienaar en doelpunt

daarvan, c. Dit het ergens in die vae verlede begin, met slinger-

gange worstel dit toevallig en blindelings- ekspirementerend vooruit,

na een of ander vaagheid in die toekoms.

/ƒ. Wat is die Kwaad f

Dat daar kwaad in die wereld is, stem alle lewens- en wêreld-

beskouinge tot sekere mate toe, maar wat dit is, waar dit vandaan

kom, hoe dit oorwen moet word is vrae waarop daar honderde ver-

skillende antwoorde is. Ons gee hier die aandag net aan die twee

hoofantwoorde van die Skrif en die humanisme soos reeds teenoor

mekaar gestel in die vorige.

Volgens die Skrif is die kwaad majesteitskennis, ongehoorsaamheid

aan God, opstand van die mens, dit is dus 'n daadwerkelike mis-

kenning van die soevereiniteit van God oor alles, oor die hele skep-

ping en oor elke onderdeel daarvan. Waar kom dit vandaan? Uit

die bose wil van die mens. Hoe kaji dit oorwen word? Alleen deur-

dat aan die geregtigheid van God voldoen is. Hierby glo die Skrif-

gelowige dan aan die Soendood van Christus as verlossing van die

mens van die vloek van die kwaad en sonde wa hy homself op die

145

10 ,

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 153

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's