Studentenalmanak 1938 - pagina 162
glo dat sake nog so bestuur kan word dat daar vir almal 'n kans
is, indien nie vir almal nie dan wel vir die mees verdienstelikes.
(Hieroor later meer in volgende afdeling oor lewe).
m. Wat is die Lewe f Wat is en beteken dit vir die mens ?
Die konklusies van die Skrifstandpunt en van die standpunt van
die H. kan ons hier as volg kortliks saamvat: Skrif leer dat die
lewe die Skepping van God is, deur wedergeboorte weer aan die
mens gegee nadat hy dit deur sy eie sonde verwoes het, dat dit dus
van God is, tot Sy eer en volgens Sy wet en gebod gebruik mag en
moet word; hierom is dit vir die mens 'n taak, waarin geloof die
sterkste middel ter volvoering daarvan is, twyfel die begin van alle
sonde en swakheid. Die humanisme glo dat die lewe die eiendom van
die mens is, dat hy daarmee kan maak wat hy wil, maar omdat hy
nie precies weet wat dit is nie, is dit vir hom 'n probleem wat hy
moet oplos as hy die voortgang van die ontwikkelende heelal wil
bevorder en nog nader aan die goddelike volmaaktheid wil bring.
Hierin is twyfel as die vermoë om alle standpunte in te sien een van
die sterkste middele. Waar die stryd in die lewe vir die gelowige 'n
stryd in die lengte is, 'n kwessie is van minder of meer voortgaan
op die pad van geregtigheid, 'n stryd is om gehoorsaam te wees,
daar is die stryd van die humanis in die breedte; die van die keuse
tussen twee gclykstaande paaie. (Hiermee bedoel ons: vir die ge-
lowige is dit nooit 'n stryd of hy die lewe van sy medemens mag
neem vir sekere doeleindes nie, daar is wel vir hom twee moontlik-
hede oop nl. om dood te maak of nie dood te maak nie, maar die
een is duidelik en beslis vir hom die weg van ongehoorsaamheid,
van dood en verderf, maw. tussen goed en kwaad. Vir die ongelo-
wige is dit 'n probleem want altwee weë is gelykwaardig, as daar
verskil is is dit net relatief, net 'n vraag van welke een die doel
voorbande beste bevorder.)
As ons nou hierdie verbaJid moet nagaan inhoeverre die lewe in
die natuur en die lewe in die stad respektiewelik bevorderlik is in
gelowige, Skrifmatige denke en lewenshouding aan die een kant en
ongelowige, humanistiese denke en lewenshouding aan die ander
kant, dan moet ons voorop duidelik stel, dat dit hier nie soseer van
toepassing is op detailkwessies nie, maar eerder neerkom op die
kwessie van 'n lewenshouding. Dit sentreer dan vanself om die vol-
gende: die onverbiddelikheid van lewe en dood, van wet en gehoor-
saamheid in die natuur sal tog moontlik dit vir mens makliker
maak om 'n nederige houding teenoor die lewe in te neem en daarom
ook makliker om die lewe te aanvaar as geskenk van God en in oot-
moed te trag om in gehoorsaamheid daarin so getrou moontlik te
wees. Netso sal die stad die mens meer neig tot hoogmoed waardeur
hy weer meer toeganklik word vir humanistiese leer van die soeve-
reiniteit van die mens, en daarby nie maklik die onverbiddelikheid
van dood en lewe besef nie maar hom meer aangetrokke voel tot die
relatiewe standpunt van die humanistiese beskouinge oor goed en
154
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's