Studentenalmanak 1938 - pagina 154
hals gehaal het en waarvandaan hy homself nie kan verlos nie.
Hiermee word dus aanvaar wedergeboorte, uitverkiesing en daar-
mee ook verwerping, maw. die teenstelling van lewe en dood, lewe
in die sin van gehoorsaamheid aan die wet van God, dood in die sin
van opstand en daaraan ten gevolge ondergang en die ewige straf.
Hoofsaak is hier dus dat die Skrifgelowige die volgende aanneem
in hierdie verband: a. Die kwaad is sonde en het sy oorsprong by
die mens, in sy hart. b. Dit is miskenning van die majesteit van
God, ongehoorsaamheid. c. Dit veroorsaak die kloof tussen lewe en
dood, lewe deur wedergeboorte en gehoorsaamheid aan die wet,
dood deur opstand.
Volgens die mens wat nie die openbaring van God in Sy Woord
aanvaar nie, is die kwaad iets wat veral die aandag van die mens
geniet omdat dit hom betreklik baie ongerief en ellende in die lewe
veroorsaak. Dit is hom hier gladnie te doen om die skendlng van
die majesteit van 'n Almagtige Skepper nie om die eenvoudige rede
dat hy geen Skepper ken nie. Op die verskillende opvattuige van
wat kwaad is, wat sy oorsprong is en hoe dit oorwen moet word
kan ons nie hier ingaan nie. Tog is dit nodig dat ons hier beklem-
toon: a. Waar die Skrif leer dat kwaad gevolg is van die sonde en
dat die sy oorsprong by die mens het, daar word hier aanvaar dat
kwaad iets buitekant die mens is, dat die mens juis dit is wat dit
die meeste oorwen het, dat die mens dus geen sondeskuld het nie
maar eerder 'n groot kredietrekening behoort te besit vir al die
pragtige verbeteringe wat hy in die heelal alreeds aangebring het,
o.a. deur homself te beskaaf en te verbeter. Waar die Skriftuurlike
opvatting die mens ten opslgte van die sonde verneder, aankla as
die groot skuldige in die Skepping van God, daar verheerlik en ver-
afgod die humanisme die mens as die eintlike redder van die heelal,
b. Reeds bespreek tov. verdienste van die mens. c. Waar die Skrif
leer van 'n absolute kloof tussen goed en kwaad, tussen lewe en
dood, tussen wet en ongehoorsaamheid daar leer die humanisme 'n
relatiewe verskil tussen goed en beter, lewe en meer lewe, tussen
kuituur en ongekultiveerdheid.
III. Wat is die Lewe? Wat is en beteken dit vir die mens?
Met die verskillende antwoorde van die Skrifgelowige en die huma-
nisme op die voorgaande vrae het ons vanself vir 'n groot deel die
antwoord van elk geg^e. op die laaste vraag nl. wat is die lewe vir
die mens, maw. hoe beskou die mens die lewe. Hierdie vraag is
prakties die belangrikste, want meer as die twee voorgaande vrae,
waarop dit terdeë berus, bepaal dit sy houding teenoor die lewe, en
daarmee vanselfsprekend wat hy doen in die lewe, of anders gesê
met die lewe wat hy in en om homself vind. In hoofsaak kom die
verskil daar op neer dat die Skrif die mens se lewe beskou as 'n
geskenk van God, in die wedergeboorte weer nog 'n keer aan hom
geskenk nadat hy dit moedwillig deur sy ele sonde en oortreding
verwoes het. God het dit aan hom geskenk. God het hom dit in
146
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's