Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 150

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 150

3 minuten leestijd

ging dat die Calvinisme die Skriftuurlike lewens- en wêreldbeskou-

ing die suiwerste gee. Ten slotte berus ons keuse van die drie terme

Calvinisme, stad en platteland op die volgende:

Dieselfde lewens- en wêreldbeskoulng van Europa van die sewen-

tiende eeu waarin dit sy krag en moed gevind het, is oorgeplant na

Suid-Afrika en waar dit vandag in Europa in sy geheel genome tot

'n groot mate verdwyn het, daar was dit nog byna tot die hede die

allersterkste en allervernaamste faktor in die loop van die geskie-

denis en lewe van Suid-Afrika. In Europa het dit, vanaf die sewen-

tiende eeu verminder en afgeneem, swakker geword en van die

rang van belangrikste bepalende faktor gesak tot 'n faktor wat

moet veg vir sy voortbestaan; in Suid-Afrika het dit, met uitson-

derings natuurlik, dieper en vaster gegroei en steeds sterker ge-

word. Hierdie verloop van sake kan natuurlik op verskillende

manier verklaar word, en kan in elk geval nie eenvoudig aan een

oorsaak toegeskryf word nie. Tog meen ons dat een van die faktore

wat moontlikerwys 'n groot rol hierby gespeel het, die is van die

omgewing en omstandighede waarin in elk geval die lewenshouding

moes voortbestaan. As ons dit sou aanneem dan merk ons dat die

grootste verskil in omgevréng en omstandighede die is dat die Wes-

Europese lewe in die laaste drie eeue tot 'n baie groot mate deur

sy stede bepaal is, terwyl daar in Suid-Afrika 'n byna suiwer lande-

like lewe ontstaan het waarin stedelike invloede 'n allerminimaalste

rol gespeel het. Dit sou ons dan moontlik tot die konklusie bring

dat die Calvinisme in die grootstad baie moeiliker voortbestaan as

op die platteland; as ons pessimisties wil wees sou ons kon sê dat

dit hl die stad onmoontlik op die lang duur kan voortbestaan — die

indruk het ons in Suid-Afrika waar die afnemende invloed van die

Calvinisme bjma eweredig is met die verstedeliking van die lewe.

Hierteenoor sou ons dan juis, as ons nugter wil wees, moet erken

dat hierin nl. in die verowering van die stad vir die Calvinisme juis

'n roeping of taak is, wat, hoe moeilik ook al, tog volvoer moet

word in gehoorsaamheid.

Hiervoor is nodig dat ons die verband tussen Calvinisme, stad en

platteland baie duidelik moet stel en sien. Dit kan ons hier nie doen

nie, maar tog wil ons 'n poging so goed moontlik aanwend om

enkele aspekte van die taak na vore te bring.

Metode van Behandeling:

Die metode van behandeling is in die eerste plek nie teoreties-

wetenskaplik nie in die sin dat ons die vrugte wil lewer van 'n

diepgaande bronnestudie. Bronne het ons in die geval nie geraad-

pleeg nie hoofsaaklik omdat daar, sover aan ons bekend haas geen

geskrifte oor die bepaalde probleem bestaan nie. Verder het ons

selfs, waar sodanige bronne bestaan, indien nie oor die probleem in

sy geheel nie, dan tog oor sekere onderdele daarvan, nie direk daar-

van gebruik gemaak nie. Die bedoeling hiervan is om meer die aan-

dag te wy aan die lewenshouding in bepaalde omgewings en nie so-

142

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 150

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's