Studentenalmanak 1938 - pagina 148
DIE SKRIF,
STAD EN PLATTELAND
Aanleiding tot die Probleem:
As ons vandag in die wereld en in die lewe om ons bietjie rondkyk,
dan word ons onder andere deur die volgende feite en omstandig-
hede getref: Europa het na die Hervorming (in die sestiende eeu)
in die volgende eeu, die sewentiende en daarna, 'n hoogtepunt van
bloei en krag bereik, sodat sy, afgesien van baie swakhede en
tekortkominge, beslis en sterk ongeveer die hele wereld verower
het, geografies deur middel van sy troepemagpte en seevlote, geeste-
lik geleidelik daarna deur sy denkbeelde en lewens- en wêreldbe-
skouing. Dit was 'n onmiskenbare en onbetwisbare feit dat Wes-
Europa tot 'n baie groot mate deur sy inherente krag byna die hele
wereld beheers het, Daarteenoor staan bjma netso onmiskenbaar en
bjma netso onbetwisbaar vas, volgens sommige mense, dat Wes-
Europa vandag aan die ondergaan is. Byna algemeen word erken
dat Europa swak geword het, oud gewerd het en sy krag verloor
het, sodat ons baie meer hoor van 'n „Untergang des Abendlandes"
as van die heerskappy van Wes-Europa oor heel die wereld. Dit
word algemeen beweer dat Europa geen krag meer het nie, dat die
oue uitgedien is, en dan word óf gehoop op die nuwe lande, die jong
lande b.v. Amerika en Japan of andersins die hoop gevestig op nuwe
stelsels b.v. Nationaal-sosialisme of Fasisme. (In beide gevalle is
hierdie hoop beide positief of negatief, positief by diegene wat meen
dat daardeur die wereld gered sal word van 'n gewisse ondergang
en wat dientengevolge dweep hetsy met die nuwe lande of met die
nuwe stelsels; negatief daarteenoor by ander wat meen dat juis
daardeur die wereld gouer en vinniger na sy ondergang gedryf word
en wat daarom met hand en tand veg teen beide nuwere lande en
die nuwere beskouinge.)
Dit bring elke mens vanself pertinent voor die vraag: Waar is daar-
die krag van Europa? Waarin was dit gelee en waarom besit
Europa dit vandag nie meer nie? Hierop kan onder andere twee
antwoorde gegee word: i. Die antwoord van die historisme nl. dat
dit met nasies en kuiture gaan soos met alle groei en lewe, daar is
'n tyd van jeugdige energie, van bloei en krag en onverbiddelik
volg daarop die tyd van ouderdom, seniliteit en ondergang — 'n
geraffineerde fatalisme. Uit hierde antwoord vloei as konsekwensie
óf 'n lewe met leuse „laat ons eet en drink en vrolik wees, want
more sterf ons", óf meer gematigd en soms ook Christelik getint
die opvatting dat die mens maar moet berus, tevrede moet wees
140
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's