Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 152

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 152

3 minuten leestijd

kan voer of is dit iets wat oor hom heerskappy voer? Maw. wat is

dit? Dus sy lewenshouding wortel direk in sy lewens- en wereld-

beskouing, en hierby is dan vanself die eerste en belangrikste groot

vraag: Wat is die wereld, die Al, die heelal, daardie iets, daardie

geheel waarteenoor die mens te staan kom, as hy van homself en

van die lewe begin bewus word. Hierop antwoord die Calvinisme

Skriftuurlik: Dit is die skepping van 'n Almagtige God; die huma-

nisme: dit is 'n geweldige gegewenheid, 'n grootse probleem. By

hierdie verskil van antwoord is daar verder tog op die volgende

punt weer ooreenstemming nl. dat hierdie iets, hierdie skepping of

hierdie ontwikkelende geheel iets makeer, dat daar iets aan skeel

en dat daar heelwat in is wat anders behoort te wees, wat in elk

geval voorkom as nie juis te begeerlik nie. Ons kan dit noem die

kwaad wat deur albei partye erken word: vir die Calvinis is dit

egter sonde, majesteitskennis in al sy afgryslike gevolge, vir die

humanis 'n gebrek aan ontwikkeling, dus net 'n kwestie van tyd.

Hierna kom albei partye weer tot die derde groot vraag nl. wat is

die lewe, veral vir die mens. Die Calvinis antwoord: 'n geskenk van

God met 'n eie taak en roeping, die humanis: 'n verowering van

die mens waarmee hy kan maak wat hy wil ingeval dit vir hom

iets meer geword het as 'n oneindige en onpeilbare probleem. Ons

gaan nou eers op die onderskeie antwoorde van die twee partye in

op hierdie drie groot vrae van I. Wat is die Al? II. Wat is die

Kwaad daarin? III. Wat is die lewe vir die mens? Daarvandaan

kom ons vanself tot die daarby-behorende kleinere vrae.

/. Wat is die Al?

As die mens van homself en van sy omgewing bewus word, dan

vra hy hom vanself af: Wat is ek? Wat is die wereld hier om my?

Hierop kom dan die antwoord van die Skrif baie duidelik en helder:

Die Al, die Heelal is die Skepping van 'n Almagtige God, die mens

is een van die skepsele, nl. die hoogste. Hierdie antwoord sluit in

sy onderdeele onder andere die volgende gedagtes in: Skepping be-

teken in die eerste plek in aansyn roep uit niks. Dit is 'n wonder,

'n wonder van Almag, onbegrypelik, onvoorstelbaar vir die mens.

Hy kan dit geensins verstaan nie, maar aanvaar dit tog ten volle.

Daarmee aanvaar hy dat die Skepping 'n vaste en duidelike begin

het, 'n aanvang op 'n sekere tydstip nl. toe God dit deur sy almag-

tige wil in aansyn geroep het. Daarby koom die gedagte dat dit be-

perk en bepaal is, baie duidelik en sterk sy grense het: dit is skep-

ping en alles daarin is maar net skepsele, die mens mens, die klip

klip, die dier dier, die plant plant — elk na sy eie aard deur God

geskape, elk onderworpe aan die wet van sy eie wese. Tog het elke

ding die rykste ontplooiïngsmoontlikhede en is die skepping vir die

mens geen starre, dooie, onveranderlike gegewenheid nie. In sy

geheel en in sy dele beweeg dit deur die tyd na 'n vaste en duidelike

eindpunt: in sy geheel na die Voleinding, in sy dele elk na sy rykste

ontplooiïngsmoontlikhede. Saamvattend kan ons dus sê dat die Al,

144

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 152

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's