Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 155

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 155

3 minuten leestijd

wedergeboorte weer gegee, in elk geval sonder sy keuse, sonder sy

goedkeuring — dus absolute vrymag van God in sy Uitverkiesing

tot die lewe en die dood. Dit is egter geen fatalisme nie, soos elke

Calvinis weet, maar juls die spoorslag tot die allergrootste werk-

kragtigheid in die lewe: uit erkenning van die soevereiniteit van God

vloei vanself die erkenning van de verpligting van die mens as skep-

sel om soveel in sy vermoë is God se eer en heerlikheid te verkon-

dig met woord en daad — dus word die lewe vir die mens 'n heer-

like taak, onontkombaar, maar met dank aanvaar. Soos die Kate-

gismus leer werk hierdie leer geen sorgelose mense nie maar inteen-

deel juis die meessorgsame mense, mense wat besef dat die Skep-

ping en alles daarin aan God behoort en daarom nie in onverskillig-

heid verwoes en leeg gelaat mag word nie.

Hiermee hang saam in verband met die probleem van die kwaad

wat reeds aangeraak is die probleem van die stryd van elke gelo-

wige in sy eie lewe. Dit is 'n stryd teen die sonde, maar dan nie 'n

stryd om die keuse tussen lewe en dood nie, maar 'n stryd as 't

ware üi die lengte, dws. op die voortgang op die weg tot heilig-

making. Vir die ware gelowige is die sonde in beginsel dood en

daarom wil hy nooit die dood kies nie, ongehoorsaamheid assodanig

om sigselfsontwille kies nie, hy wil God dien, hy wil gehoorsaam

wees, hy wil die lewe kies, maar in swakheid faal en struikel hy. Sy

stryd is dus teen swakheid en niet soseer teen twjrfel nie, en waar

dit tog teen twyfel is is dit teen twyfel as kwaad. Geloof word hier

beskou as die hoogste deug en twyfel as sonde, waar dit by die

humanisme juis as hoogste deug aangeprys word — soos ons straks

sal aantoon.

By die humanisme is die heelal 'n groot probleem en so ook die

lewe vir elke mens. Die begin is 'n duistere saak, die einde onbekend

en die voortgang iets wat met slingergange heen en weer gaan. Tog

word ons, soos reeds gesê, geglo aan 'n geleidelike vooruitgang.

Hierdie vooruitgang berus op die vooruitgang van kennis, van insig

in die wese van die dinge. Dit is insig waarop uiteindelike beheersing

daarvan berus. Die heelal word een groot laboratorium waar onbe-

wus, toevallig ge-ekspirementeer word deur die lewe, bewus deur die

mens. Insig, kennis gaan dit om, en om die beurt word wetenskaplike

en nie-wetenskaplike kennis verabsoluteer, maar, hoofsaak hier, in-

sig is alleen moontlik as alle moontlikhede gelykop gesien word,

m.a.w. twyfel, die nie geloof heg aan een bepaalde rigting word 'n

noodsaaklike vereiste en daarmee 'n hoogstaande deug. Die stryd

van die mens is hier teen die kwaad as onmag, die lewe 'n probleem

hoe om die onmag te bowe te kom. Die verskil tussen goed en kwaad

is relatief, dit is nie die tussen lewe en dood nie, maar die tussen

beter en minder beter. Die mens het die lewe tot sover ontworstel

aan die dooie stof en kan daarmee nou verder ekspirementeer na

hartelus. Vir die Individuele mens is die stryd dus altyd die van

twyfel, die van te moet kies tussen links of regs gaan, dus 'n stryd

meer in die breedte, en nie in die lengte soos by die gelowige by wie

147

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 155

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's