Studentenalmanak 1938 - pagina 155
wedergeboorte weer gegee, in elk geval sonder sy keuse, sonder sy
goedkeuring — dus absolute vrymag van God in sy Uitverkiesing
tot die lewe en die dood. Dit is egter geen fatalisme nie, soos elke
Calvinis weet, maar juls die spoorslag tot die allergrootste werk-
kragtigheid in die lewe: uit erkenning van die soevereiniteit van God
vloei vanself die erkenning van de verpligting van die mens as skep-
sel om soveel in sy vermoë is God se eer en heerlikheid te verkon-
dig met woord en daad — dus word die lewe vir die mens 'n heer-
like taak, onontkombaar, maar met dank aanvaar. Soos die Kate-
gismus leer werk hierdie leer geen sorgelose mense nie maar inteen-
deel juis die meessorgsame mense, mense wat besef dat die Skep-
ping en alles daarin aan God behoort en daarom nie in onverskillig-
heid verwoes en leeg gelaat mag word nie.
Hiermee hang saam in verband met die probleem van die kwaad
wat reeds aangeraak is die probleem van die stryd van elke gelo-
wige in sy eie lewe. Dit is 'n stryd teen die sonde, maar dan nie 'n
stryd om die keuse tussen lewe en dood nie, maar 'n stryd as 't
ware üi die lengte, dws. op die voortgang op die weg tot heilig-
making. Vir die ware gelowige is die sonde in beginsel dood en
daarom wil hy nooit die dood kies nie, ongehoorsaamheid assodanig
om sigselfsontwille kies nie, hy wil God dien, hy wil gehoorsaam
wees, hy wil die lewe kies, maar in swakheid faal en struikel hy. Sy
stryd is dus teen swakheid en niet soseer teen twjrfel nie, en waar
dit tog teen twyfel is is dit teen twyfel as kwaad. Geloof word hier
beskou as die hoogste deug en twyfel as sonde, waar dit by die
humanisme juis as hoogste deug aangeprys word — soos ons straks
sal aantoon.
By die humanisme is die heelal 'n groot probleem en so ook die
lewe vir elke mens. Die begin is 'n duistere saak, die einde onbekend
en die voortgang iets wat met slingergange heen en weer gaan. Tog
word ons, soos reeds gesê, geglo aan 'n geleidelike vooruitgang.
Hierdie vooruitgang berus op die vooruitgang van kennis, van insig
in die wese van die dinge. Dit is insig waarop uiteindelike beheersing
daarvan berus. Die heelal word een groot laboratorium waar onbe-
wus, toevallig ge-ekspirementeer word deur die lewe, bewus deur die
mens. Insig, kennis gaan dit om, en om die beurt word wetenskaplike
en nie-wetenskaplike kennis verabsoluteer, maar, hoofsaak hier, in-
sig is alleen moontlik as alle moontlikhede gelykop gesien word,
m.a.w. twyfel, die nie geloof heg aan een bepaalde rigting word 'n
noodsaaklike vereiste en daarmee 'n hoogstaande deug. Die stryd
van die mens is hier teen die kwaad as onmag, die lewe 'n probleem
hoe om die onmag te bowe te kom. Die verskil tussen goed en kwaad
is relatief, dit is nie die tussen lewe en dood nie, maar die tussen
beter en minder beter. Die mens het die lewe tot sover ontworstel
aan die dooie stof en kan daarmee nou verder ekspirementeer na
hartelus. Vir die Individuele mens is die stryd dus altyd die van
twyfel, die van te moet kies tussen links of regs gaan, dus 'n stryd
meer in die breedte, en nie in die lengte soos by die gelowige by wie
147
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's