Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 151

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 151

3 minuten leestijd

seer die teoretiese agtergrond te beklemtoon nie. Dit vsdl natuurlik

nie sê nie dat lewenshouding bestaan los van levirens- en wêreld-

beskouing, maar tog gaan dit onsinsiens hier nie soseer om die

teoretiese uiteensetting van die bepaalde lewens- en wêreldbeskouing

soos dit gegee word in sy erkende vi^etenskaplike werke nie, as

om die praktiese uitwerking daarvan, meestal by mense wat dit

teoreties dikwels nie uiteen kan sit nie. 'n Persoon kan bv. in

teorie die Calvinisme met al sy beginsels aanvaar maar tog nog

'n onCalvinistiese houding teenoor die lewe inneem, en moontlik ook

omgekeerd. Dat die houding van die mens teenoor die lewe, en daar-

uit sy optrede in bepaalde situasies, die mate van energie en krag

wat daarvan uitgaan, meer invloed het op die loop van sake as die

teorie wat moontlik sy denke beheers, maar geensins sy praktiese

lewe van dade en werke nie, neem ons dus hier aaji; daarby ook

dat juis hierdie houding die meeste en maklikste beïnvloed word

deur sy omgewing, in hierdie geval dus deur die stad of deur die

platteland.

Tog spruit hierdie houding juis uit sekere opvattinge en beskouinge

wat in die geheel saamgevat kan word as lewens- en wêreld-

beskouing. Daarom gaan ons in die indeling van hierdie behande-

ling as volg te werk:

Eers gee ons die hoofantwoorde van die Calvinisme as lewens-.

en wêreldbeskouing op enkele groot vrae wat elke mens vir homself

in die lewe moet beantwoord, hetsy bewus of gedeeltelik onbewus;

daarteenoor stel ons die antwoorde op dieselfde vrae van die nie-

Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing min of meer soos ons dit

in die moderne, algemeen-gangbare opvattinge aantref. Daarna trag

ons om aan te toon hoedat die opvattinge van die Calvinisme juis

makliker ingang vind by mense wie se denke en lewe beïnvloed en

gedeeltelik gevorm word op die platteland, en so ook juis hoedat

die humanistiese opvattinge soveel makliker aanpas in die omge-

wing van die moderne wereldstad. Tenslotte bring dit ons dan by die

vraag of die Calvinistiese opvattinge finaliter by die stadsomge-

wing uitgesluit is. Direk hier vooraf kan ons sê dat ons persoonliJe

oortuig is dat dit gladnie die geval hoef te wees nie, hoewel ons

daarmee geensins die moeilikhede in die verband sal misken of on-

derskat nie.

As ons hier nou die hoofvrae wat elke mens vir homself ui die

lewe noodgedwonge moet beantwoord, wil probeer opstel, dan gryp

ons enigsens terug na die eerste uitgangspunt nl. die vraag waar-

aan Europa sy krag in die vergange eeue te danke gehad het. Dit

was onsinsiens grootliks 'n kwestie van lewenshouding, 'n lewens-

houding wat nou byna nie meer bestaan in Wes-Europa —• as ons

die menigvuldige geskrifte en klaagliedere oor die huidige stand

van sake kan glo. Dit het hier gegaan om wat die mens doen en

wat hy nie doen nie, in die geval die wereld verower of die wereld

nie verower nie. Dit is die vraag van hoe hou die mens hom teenoor

die lewe en die wereld, is dit vir hom iets waaroor hy heerskappy

143

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 151

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's