Studentenalmanak 1938 - pagina 151
seer die teoretiese agtergrond te beklemtoon nie. Dit vsdl natuurlik
nie sê nie dat lewenshouding bestaan los van levirens- en wêreld-
beskouing, maar tog gaan dit onsinsiens hier nie soseer om die
teoretiese uiteensetting van die bepaalde lewens- en wêreldbeskouing
soos dit gegee word in sy erkende vi^etenskaplike werke nie, as
om die praktiese uitwerking daarvan, meestal by mense wat dit
teoreties dikwels nie uiteen kan sit nie. 'n Persoon kan bv. in
teorie die Calvinisme met al sy beginsels aanvaar maar tog nog
'n onCalvinistiese houding teenoor die lewe inneem, en moontlik ook
omgekeerd. Dat die houding van die mens teenoor die lewe, en daar-
uit sy optrede in bepaalde situasies, die mate van energie en krag
wat daarvan uitgaan, meer invloed het op die loop van sake as die
teorie wat moontlik sy denke beheers, maar geensins sy praktiese
lewe van dade en werke nie, neem ons dus hier aaji; daarby ook
dat juis hierdie houding die meeste en maklikste beïnvloed word
deur sy omgewing, in hierdie geval dus deur die stad of deur die
platteland.
Tog spruit hierdie houding juis uit sekere opvattinge en beskouinge
wat in die geheel saamgevat kan word as lewens- en wêreld-
beskouing. Daarom gaan ons in die indeling van hierdie behande-
ling as volg te werk:
Eers gee ons die hoofantwoorde van die Calvinisme as lewens-.
en wêreldbeskouing op enkele groot vrae wat elke mens vir homself
in die lewe moet beantwoord, hetsy bewus of gedeeltelik onbewus;
daarteenoor stel ons die antwoorde op dieselfde vrae van die nie-
Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing min of meer soos ons dit
in die moderne, algemeen-gangbare opvattinge aantref. Daarna trag
ons om aan te toon hoedat die opvattinge van die Calvinisme juis
makliker ingang vind by mense wie se denke en lewe beïnvloed en
gedeeltelik gevorm word op die platteland, en so ook juis hoedat
die humanistiese opvattinge soveel makliker aanpas in die omge-
wing van die moderne wereldstad. Tenslotte bring dit ons dan by die
vraag of die Calvinistiese opvattinge finaliter by die stadsomge-
wing uitgesluit is. Direk hier vooraf kan ons sê dat ons persoonliJe
oortuig is dat dit gladnie die geval hoef te wees nie, hoewel ons
daarmee geensins die moeilikhede in die verband sal misken of on-
derskat nie.
As ons hier nou die hoofvrae wat elke mens vir homself ui die
lewe noodgedwonge moet beantwoord, wil probeer opstel, dan gryp
ons enigsens terug na die eerste uitgangspunt nl. die vraag waar-
aan Europa sy krag in die vergange eeue te danke gehad het. Dit
was onsinsiens grootliks 'n kwestie van lewenshouding, 'n lewens-
houding wat nou byna nie meer bestaan in Wes-Europa —• as ons
die menigvuldige geskrifte en klaagliedere oor die huidige stand
van sake kan glo. Dit het hier gegaan om wat die mens doen en
wat hy nie doen nie, in die geval die wereld verower of die wereld
nie verower nie. Dit is die vraag van hoe hou die mens hom teenoor
die lewe en die wereld, is dit vir hom iets waaroor hy heerskappy
143
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's