Studentenalmanak 1938 - pagina 160
en skade. Hiermeer bedoel ons ten eerste wat die natuur betref: die
mens wat in die natuur lewe voel homself dikwels as lewende wese
een met die ander lewende wesens, nie in die sin van heidense
natuurmistiek nie maar in die sin van Christelike belewing van die
feit dat die mens as lewende wese nieteenstaande sy koningskap in
die skepping, tog 'n eenheidsband voel met ander lewende wesens in
die skepping. Die mens voel in homself dieselfde lewe en groeikrag
wat hy in die plant en dier sien, in die lente ervaar hy dat alles
saamuitbloei tot nuwe lewe. Netso voel hy ook in tye van storm of
nood dat alles saam met hom sterf. As 'n orkaan die land verwoes
het, of 'n droogte dit uitgedor het, of 'n vuurspuwende berg of
watervloed dit oorweldig het, dan sien die mens die ramp as bringer
van dood. Hy sien die kwaad, die gevolge van die sonde as dood. So
sien hy in die besondere dinge ook: hy sien dier of plant of die mens
self word siek en sterf — orals ervaar hy in teenstelling met die
lewe die dood. In hierdie ervaring merk ons op dat in die eerste
plek dit nie alleen om die mens gaan nie maar om alle lewe —
selfs só dat dit lyk of dit moontlik is dat die mens in so 'n ramp
meer die gevoel het van dat lewe vernietig is as dat nou juis soveel
mense om die lewe gekom het. In die tweede plek merk ons op dat
die dood ervaar en gesien word as radikale teenstelling met die
lewe, en in die verband verder dat die verbreking van bande, die
oorskryding van grense, maw. die oortreding van die wet van eie
wese die dood meebring.
Wat merk ons hierteenoor in die stad op? Die kwaad word er-
vaar meestal as skade. Dit vorm 'n radikale teenstelling met die
ervaring in die natuur van die dood as kwaad, as gevolg van sonde.
Waar die dood dood van lewe is, dus die mens daarin nie die enigste
faktor is nie maar naas ander lewende wesens gestel word soos
diere en plante, daar is skade altyd skade van iemand, van 'n per-
soon, van 'n mens — dus selfs hier word by die stad die mens die
sentrum waar hy in die natuur nog enigsens naas ander lewende
wesens gestel word. (Ons merk dit b.v. op in die wyse waarin bv.
berig gegee word van die gevolge van 'n groot droogte: soveel diere
en soveel graan is teniet (in verband met die aan die stad vasge-
knoopte ekenomiese lewe word dit natuurlik ook altyd vasgeknoop
aan skade) terwyl die hoofsaak by 'n stadsramp die waarde van die
skade is en die aantal menselewens wat verloor is). Dit is egter nie
so belangrik nie, belangriker is die teenstelling dat skade iets rela-
tief s is en dood iets absoluuts: skade kan herstel word maar wat
dood is, is dood, onherroepelik. Hierdie besef van die finaliteit van
die dood as gevolg van sonde in die vorm van wetsverbreking, kry
die mens in die stad nie as hy alleen rampe in terme van skade
sien. Waar die mens wat in die natuur leef daeliks om hom die ont-
staan van nuwe lewe sien en daeliks die dood ook sien, daar sien
die mens in die stad dit eerder as uitsondering. Geen wonder dat
hy, soms ondanks homself, geleidelik daartoe neig om alles te be-
152
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's