Geheugen van de VU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Geheugen van de VU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Geheugen van de VU.

Bekijk het origineel

Studentenalmanak 1938 - pagina 163

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Studentenalmanak 1938 - pagina 163

3 minuten leestijd

kwaad. Die oneindige moontlikhede wat die stad in sy ryk kultuur-

lewe in alle opsigte bied skep ook meer 'n vrugbare bodem vir

twyfel, vir onvermoë om finaal en beslis te kies en by die keuse te

berus en daarin getrou te wees. (Heel konkreet: vir die mens in die

moderne wereldstad is dit veel moeiliker om die absoluutheid van

die huwelik te besef as vir die mens wat in die natuur lewe waar

hy dikwels alleen met sy eie vrou in aanraking kom.)

Hierdie verskil kom egter tog baie duidelik na vore in die houding van

die mens teenoor sy eie lewe, nl. daarin dat hy dit in die een geval

beskou as 'n dierbaar skat wat hy met groot sorg vertroetel, in die

ander geval as 'n verowering waarmede hy met kwistige hand kan

maak wat hy wil. Hierby kom nog die verskil dat die natuur die

mens meer individualisties maak in die sin van selfstandig in die

gesonde sin van die woord: die man op see en die man in die oer-

woud kan alleen staat maak op gebed en op sy eie vaardigheid om

sy lewe te red; noodgedwonge leer die mens in die natuur om vir

homself te sorg, met die gevolg dat hy teenoor sy medemens 'n baie

meer selfstandige houding inneem as die stedeling wat juis van sy

medemens afhanklik is. In die stad is die mense op honderde ma-

niere van mekaar afhanklik, tot so 'n mate dat die een sonder die

ander heeltemal nie kan leef nie. Waar die mens in die natuur hom-

self moet verdedig, sy voedsel moet voorberei, sy eie klere soms

moet maak, self alleen godsdiens hou, hom self moet vermaak, daar

het die stedeling die polisie-agent om hom te verdedig, die hotelbe-

diende om hom te voed, die kleremaker om hom te klee, die predi-

kant om vir hom te preek en die Skrif te bestudeer, die nar om hom

te vermaak. Hierdeur word die mens in die natuur meer sterk in

homself omdat die mens altyd dit wat hy noodgedwonge moet doen

geleidelik leer om te doen, waarteenoor die stadsmens swakker en

swakker word in homself en steeds tot 'n groter mate afhanklik is

van sy medemens. Hierdeur kry ons die interessante teenstelling dat

in die natuur die mens assodanig baie nederiger is as die mens in

die stad omdat in die natuur die mens een van die vele verskynsele

is, en in die stad DIE verskynsel is waarom alles gaan; tog is die

individuele persoon, die individuele mens in die natuur gewoonlik

besitter van 'n baie groter mate van selfvertroue as die mens in die

stad. Hierdeur kry nie alleen die lewe van elke individuele persoon

op die platteland baie meer waarde teenoor sy medemense nie, maar

besit die man van die natuur dikwels 'n baie groter mate van self-

vertroue en inherente krag as die man van die stad (vgl. maar

bv. pioniers, en seelui met stadmense), is hy baie meer man van

die daad. By die stad is die mens in koïlektiewe eenheid as groep

sterk, besonder sterk, maar die individu is minder kragtig met die

gevolg dat dit ook m,eestal om die m,eerderheid gaan. Die minderheid

moet maar sien om die mas op te kom. Die lewe en geluk van indi-

viduele mense word baie gemaklik opgeoffer vir die van die groep.

Waar die plattelander nou nog glo aan die Skrif met sy leer van die

onskendbaarheid van die menslike lewe in die sin dit nie eers terwille

155

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's

Studentenalmanak 1938 - pagina 163

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938

Studentenalmanak | 226 Pagina's