Studentenalmanak 1938 - pagina 163
kwaad. Die oneindige moontlikhede wat die stad in sy ryk kultuur-
lewe in alle opsigte bied skep ook meer 'n vrugbare bodem vir
twyfel, vir onvermoë om finaal en beslis te kies en by die keuse te
berus en daarin getrou te wees. (Heel konkreet: vir die mens in die
moderne wereldstad is dit veel moeiliker om die absoluutheid van
die huwelik te besef as vir die mens wat in die natuur lewe waar
hy dikwels alleen met sy eie vrou in aanraking kom.)
Hierdie verskil kom egter tog baie duidelik na vore in die houding van
die mens teenoor sy eie lewe, nl. daarin dat hy dit in die een geval
beskou as 'n dierbaar skat wat hy met groot sorg vertroetel, in die
ander geval as 'n verowering waarmede hy met kwistige hand kan
maak wat hy wil. Hierby kom nog die verskil dat die natuur die
mens meer individualisties maak in die sin van selfstandig in die
gesonde sin van die woord: die man op see en die man in die oer-
woud kan alleen staat maak op gebed en op sy eie vaardigheid om
sy lewe te red; noodgedwonge leer die mens in die natuur om vir
homself te sorg, met die gevolg dat hy teenoor sy medemens 'n baie
meer selfstandige houding inneem as die stedeling wat juis van sy
medemens afhanklik is. In die stad is die mense op honderde ma-
niere van mekaar afhanklik, tot so 'n mate dat die een sonder die
ander heeltemal nie kan leef nie. Waar die mens in die natuur hom-
self moet verdedig, sy voedsel moet voorberei, sy eie klere soms
moet maak, self alleen godsdiens hou, hom self moet vermaak, daar
het die stedeling die polisie-agent om hom te verdedig, die hotelbe-
diende om hom te voed, die kleremaker om hom te klee, die predi-
kant om vir hom te preek en die Skrif te bestudeer, die nar om hom
te vermaak. Hierdeur word die mens in die natuur meer sterk in
homself omdat die mens altyd dit wat hy noodgedwonge moet doen
geleidelik leer om te doen, waarteenoor die stadsmens swakker en
swakker word in homself en steeds tot 'n groter mate afhanklik is
van sy medemens. Hierdeur kry ons die interessante teenstelling dat
in die natuur die mens assodanig baie nederiger is as die mens in
die stad omdat in die natuur die mens een van die vele verskynsele
is, en in die stad DIE verskynsel is waarom alles gaan; tog is die
individuele persoon, die individuele mens in die natuur gewoonlik
besitter van 'n baie groter mate van selfvertroue as die mens in die
stad. Hierdeur kry nie alleen die lewe van elke individuele persoon
op die platteland baie meer waarde teenoor sy medemense nie, maar
besit die man van die natuur dikwels 'n baie groter mate van self-
vertroue en inherente krag as die man van die stad (vgl. maar
bv. pioniers, en seelui met stadmense), is hy baie meer man van
die daad. By die stad is die mens in koïlektiewe eenheid as groep
sterk, besonder sterk, maar die individu is minder kragtig met die
gevolg dat dit ook m,eestal om die m,eerderheid gaan. Die minderheid
moet maar sien om die mas op te kom. Die lewe en geluk van indi-
viduele mense word baie gemaklik opgeoffer vir die van die groep.
Waar die plattelander nou nog glo aan die Skrif met sy leer van die
onskendbaarheid van die menslike lewe in die sin dit nie eers terwille
155
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1938
Studentenalmanak | 226 Pagina's