Studentenalmanak 1972-1973 - pagina 80
tief mee te werk om toe te sien dat die proses van polarisasie tussen wit en
swart tot 'n halt geroep word voordat die verwydering so ver ontwikkel dat
versoening me meer moontlik is nie, Duidelik moet daarop gewys word dat die
werklike vyande van Suid-Afrika nie die kampvegters teen apartheid is me,
maar wel die Kampvegters vir apartheid (of vir enige sisteem van "selfstandige
ontwikkeling" wat die onreg van die huidige rassebeleid van ons land inhou).
Dis op hierdie gebied waar Kerke en Christene in ons land huUe primêre
taak van getuienis en diens moet sien in die volgende dekade. Suid-Afrika staan
op die vooraand van ingrypende veranderinge in ekonomiese en sosiale verhou-
dinge. Die magte van verandering wat in beweging gebring is deur tegnologiese
ontwikkeling gaan onafwendbaar voort en is besig om 'n gisting van nuwe
denke te veroorsaak wat nie teëgehou kan word nie. Dis die taak - en die voor-
reg - van die Kerk om diè magte van verandering te ontdek, te verwelkom en
te ondersteun. Dis die bewys van die mens se gewillige en vreugdevolle mee-
werking aan Gods vernuwende werk. En waar die Kerk as instituut dit nog nie
msien en sy samenwerking verleen me is Christene as enkelinge en as klein groe-
pies geroepe om as instrumente van vernuwing huUeself tot beskikking van God
te stel - soos ons probeer doen - om aktief mee te werk aan die koms van die
nuwe dag waar die euwel van rassisme uitgewis is en waar die vreugdevolle vry-
heid van die bevoorregtes onder Gods kinders die erfdeel van al sy kinders
sal word.
Amsterdam, 20 Oktober 1972
78
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972
Studentenalmanak | 300 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972
Studentenalmanak | 300 Pagina's