Jaarboek 1972-1973 - pagina 53
toespraak van dr. c. f. b. naudé Meneer die Rektor, Geagte Aanwesiges, Vergun my om my hartgrondige dank te betuig aan die Kollege van Dekanen van die Vrije Universiteit vir die groot eer my aangedoen deur u toekenning aan my van 'n eredoktoraat in teologie vergun. As ek in ag neem nie alleen die hoe standaard wat u Universiteit nog altyd gehandhaaf het in die toekenning van u doktorsgrade maar ook die hoë vereistes wat u nog altyd gestel het vir die toekenning van 'n eredoktoraat dan verkry u besluit vir my nog groter waarde. Vergun my verder om, afgesien van die besondere persoonlike eerbetoon wat dit inhou, aan u te probeer oordra die betekenis van hierdie besluit soos ek as Suid-Afrikaner dit sien: (i) Ek sien dit as 'n openbare erkenning van die doelstellinge en arbeid van die Christelike Instituut. Die Vrije Universiteit het reeds op verskeie maniere gedurende die afgelope aantal jare sy instemming betuig met die arbeid van die Christelike Instituut o.a. deur finansiële steun aan sommige van sy opvoedkundige projekte en deur publisiteit aan sy werk. Nou volg die erkenning voor los die oë van almal van 'n nege-jaar lange arbeid onder moeilike omstandighede as 'n stuk Christelike getuienis wat ongelukkig op hierdie tydstip nog deur baie blankes in Suid-Afrika veral uit die Kringe van die 3 Hollands-Afrikaanse Kerke, óf negeer óf verwerp óf verdag gemaak word. (2) Ek sien dit verder as 'n openbare vereenselwiging van u kant met die stryd om rassegeregtigheid in Suid-Afrika, 'n daad van Christelike solidariteit met wit en swart wat impliseer dat u aan al die instansies in Suid-Afrika wat soek om die Christelike Instituut verdag te maak deur leuen-propaganda, deur intimidasie en nodelose ondersoeke duidelik te kenne gee: Ons aanvaar nie die verwronge beeld wat u voordra nie, want ons weet wat die C.I. is en wil. Maar dit hou ook verder in dat u 'n appèl doen op die gewete van almal in SuidAfrika wat die Christelike Instituut veroordeel en verwerp om hulle houding en optrede te hersien en te verander - nie ter wille van die C.I. in die eerste plek nie, maar ter wille van die waarheid van die Evangelie en die welsyn van die hele bevolking. (3) Maar van allergrootste belang vir my is die boodskap wat die besluit inhou vir die swart gemeenskap van Suid-Afrika (die Afrikane, Kleurlinge en Asiërs): dat hulle daarin sien 'n teken van hoop - hoe klein ookal - wat aan hulle oorgedra word deur dieselfde volk wat 320 jaar gelede voet aan wal gesit het van 'n land wat hulle gesien het as 'n Kaap van Goeie Hoop. Vir baie jare het die swart bevolking gehoop dat die bevryding van die swartman uit sy situasie 51
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972
Jaarboeken | 216 Pagina's