GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

Jaarboek 1972-1973 - pagina 55

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Jaarboek 1972-1973 - pagina 55

2 minuten leestijd Arcering uitzetten

blanke as groep in 'n sterker solidariteit van vrees en verset gaan dwing. En sodoende groei die proses van polarisasie wat onafwendbaar uitloop op botsing en geweld - tensy dit betyds gekeer of beheer word. (3) In hierdie situasie word Kerke en Christene geroep om 'n besondere taak te vervul: (a) Om erkenning te verleen aan die gewettigde politieke aspirasies van die swart gemeenskap (b) om erkenning te verleen aan al die positiewe oogmerke van swart bewuswording, vrymoedige steun daaraan te verleen en die blanke te help insien watter fundamentele verandering daar in die lewenshouding by die swartman plaasgevind het (o) om volle steun te verleen aan die verwydering van alle vorms van rassediskriminasie en rasse-onreg (d) om aktief mee te werk om toe te sien dat die proses van polarisasie tussen wit en swart tot 'n halt geroep word voordat die verwydering so ver ontwikkel dat versoening nie meer moontlik is nie. Duidelik moet daarop gewys word dat die werklike vyande van Suid-Afrika nie die kampvegters teen apartheid is nie, maar wel die kampvegters vir apartheid (of vir enige sisteem van „selfstandige ontwikkeling" wat die onreg van die huidige rassebeleid van ons land inhou). Dis op hierdie gebied waar Kerke en Christene in ons land hulle primêre taak van getuienis en diens moet sien in die volgende dekade. Suid-Afrika staan op die vooraand van ingrypende veranderinge in ekonomiese en sosiale verhoudinge. Die magte van verandering wat in beweging gebring is deur tegnologiese ontwikkeling gaan onafwendbaar voort en is besig om 'n gisting van nuwe denke te veroorsaak wat nie teëgehou kan word nie. Dis die taak - en die voorreg - van die Kerk om diè magte van verandering te ontdek, te verwelkom en te ondersteun. Dis die bewys van die mens se gewillige en vreugdevolle meewerking aan Gods vernuwende werk. En waar die Kerk as instituut dit nog nie insien en sy samewerking verleen nie is Christene as enkelinge en as klein groepies geroepe om as instrumente van vernuwing hulleself tot beskikking van God te stel - soos ons probeer doen - om aktief mee te werk aan die koms van die nuwe dag waar die euwel van rassisme uitgewis is en waar die vreugdevolle vryheid van die bevoorregtes onder Gods kinders die erfdeel van al sy kinders sal word.

53

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972

Jaarboeken | 216 Pagina's

Jaarboek 1972-1973 - pagina 55

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972

Jaarboeken | 216 Pagina's