GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

Jaarboek 1972-1973 - pagina 54

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Jaarboek 1972-1973 - pagina 54

3 minuten leestijd Arcering uitzetten

van verontregting en verknegting sou kom deur 'n verandering van hart by die blankes; toe dit blijk 'n ydele hoop te wees het die swartman sy oë hoopvol gevestig op die buiteland - ook tevergeefs, hoewel hy met dankbaarheid erken watter bemoediging hy haal uit die morele en finansiële steun van simpatiekgesindes buite Suid-Afrika. Vandag egter groei die besef meer en meer dat, hoewel steun van blankes binne sowel as buite Suid-Afrika met dank erken word as bewys van besorgdheid en as betuiging van solidariteit, die ware bevryding van die swartman in ons land alleen bewerkstellig kan word deur die Suid-Afrikaanse swart gemeenskap self. Ek glo dat dit van pas is om by hierdie besondere geleentheid in die bestek van 'n paar minute 'n kort samevattende antwoord te gee op die vraag van die hoop en die uitsig wat daar lewe in die harte van almal in Suid-Afrika wat die doelstellinge en arbeid van die C.I. onderskryf of ondersteun. Daarom net die volgende: (i) Suid-Afrika is 'n veelrassige land en geen besluite of beleidsbepalinge, polities of ekonomies, vrijwillig of gedwonge, gaan enige wesenlike verskil aan hierdie werklikheid maak nie. Selfs al zou al agt Bantoetuislande onmiddellik volwaardige onafhanklikheid kry (en ek betwyfel baie sterk die moontlikheid dat dit binne die volgende 15-20 jaar sal gebeur - as die huidige Regering dit ooit sal toelaat -) dan bly daar nog binne dieso genaamd blank-verklaarde Suid-Afrika minstens 8 miljoen Afrikane, 2^ miljoen Kleurlinge en f miljoen Asiërs - dus 'n totaal van 11 miljoen swart en bruin teenoor 4 miljoen wit. Geen ideologiese mensenwensdenkery of politieke toutrekkery gaan aan hierdie feite en werklikheid wesenlik iets verander nie. En die blanke wat hardkoppig of vreesbevange bly weier om dit te erken verhaas met die dag dat daar, gevolglik nie vir die swartman of die bruinman nie maar vir die witman, geen plek meer in Suid-Afrika sal wees nie. (2) Suid-Afrika staan by die ingang van 'n tydperk waar hy die wrange vrugte van sy beleid van gedwonge rasseskeiding begin pluk. Die eis om erkenning van swart identiteit volg op die oorbeklemtoning van wit identiteit; swart bewuswording groei uit die miskenning van swart menswaardigheid; swart apartheid, swart sohdariteit en swart mag groei as noodwendige psigologiese verweer teen wit apartheid, wit solidariteit en wit mag. Die positiewe waarde en betekenis van hierdie grootskaalse ontwaking van swart bewussyn in SuidAfrika word met dankbaarheid en vreugde deur die Christelike Instituut begroet, maar ons durf nie ons oë sluit vir die feit dat die jarelange miskenning van die swartman noodwendig skerp negatiewe reaksies van agressie en verwerping by ons swart gemeenskap na vore gaan roep wat op sy beurt weer die 52

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972

Jaarboeken | 216 Pagina's

Jaarboek 1972-1973 - pagina 54

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 januari 1972

Jaarboeken | 216 Pagina's