GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

PERSSCHOUW

Bekijk het origineel

Bladeren
+ Meer informatie

PERSSCHOUW

14 minuten leestijd

Wqsgeerige elementen in de Ghristelqke theologie.

Hieronder geef ik een artikel van Prof. Dr C. J. H. de Wet, dat onder den titel: „Wysgerige clemente in die Christelike teologie" verschenen is in „Die Wagtoring", Sept. 1931. Het artikel zal misschien aan sommige van onze lezers eenige inspanning kosten; toch neem ik het op, omdat ik geloof, dat de erin uitgesproken gedachten, niet alleen velen zullen interesseeren, doch ook nauwgezette overweging verdienen. Het terrein, waarop het artikel zich beweegt, is door ons nog pas in later tijd betreden, en elke stap vraagt onverslapte zelfcontrole.

Prof. de Wet schrijft dan:

Aan die end van ons artlekel oor Karl Bartli in die laaste uitgawe van ons blad het ons gesê: „Barth dink heidens-wysgerig en nie Christelik-teologies nie. Die groot ongeluk van die Christelike teologie is, dat sy beoefenaars — altans die grotes. onder huUe — eer& heidens-wysgerig en toe Christelik-teologies opgelei is. Die gevolg hiervan is, dat huUe hulself nooit volkome kan loswring uit die wysgerige denkwyse nie... Die suiwere verhouding tussen teologie en wysbegeerte is die groot eis vir die Chr. teologie in die toekoms".

Die suiwere verhouding tussen teologie en wysbegeerte — dis die moeilike saak waarvoor ons staan. Dis die twee oudste wetenskappe. In die loop van die tyd het huUe mekaar afwisselend bestry en omhels — dan w£is die wysbegeerte „ancilla theologiae" (slaaf van die teologie) en dan weer was die teologie „ancilla philosophiae" (slaaf van die wysbegeerte).

By die ou Heidendom was die verhouding tussen die twee nie so moeilyk nie, want albei het uit die mens voortgekom — die teologie in die vonn van die fabelleer was die oudste en later het die wysbegeerte gekom as 'n loutering van die teologie deur die wysgerige d e n k e. Maar omdat die wysbegeerte nie 'n h o ë r 1 i g '^) gehad het nie as die menslike denke, het dit altyd ook maar weer geëindig in fabelagtigheid. Die ou heldere wysgeer het gemeen, dat die teologie „geloof" was terwyl sy w)s' begeerte „wete" of kennis was; maar in werklikheid het albei maar ewemin „wete" en eweveel „geloof" bevat. Die verskil was net dat die een (teologie) uit die hart en die ander (wysbegeerte) uit die hoof van die mens ontstaan het, maar albei het eweveel „geloof' en ewemin „wete" bevat.

Met die koms van die Christendom egter het die verhouding tussen teologie en wysbegeerte baie m o e i 1 i k e r geword, omdat die C h r i s t e 1 i ke teologie sy stof moet put uit die Openbaring van God soos bevat in die Bybel, terwyl die wysbegeerte sy stof bly put het uit die menslike denke.

'n Christelike wysbegeerte het daar ongelukkig nooit ontstaan nie tot vandaag toe nie; wel was daar christene wat wysgerig gedenk het; soos b.v. Augustinus, maar 'n wysgerige stelsel vanuit Christelike standpunt bewerk het daar nie gekom nie.

Die gevolg hiervan was, dat die Chr. teologie insovörre dit met die wysbegeerte in aanraking gekom liet — en dié aanraking was gedurig en die aanrakingspunte was baie — öf die wysbegeerte moes f'estry óf deur die wysbegeerte beïnvloed moes word.

Die laaste wns ongelukkig veelal die geval.

Hierdie be-invloeding was nie altyd juis bewus aan die kant van die teologie nie, maar twee faktore het dit bewerk:1) in die ou Chr. Kerk was die teoloë volwasse heidene wat tot die Christendom bekeer is, en dit spreek vanself dat hulle heidense opvoeding riioes nawerk. 2) in die Middeleeue soos ook vandag nog was die wysbegeerte een van die vernaamste vakke van die voorbereidende studie vir die teologie — en dit was en is heidense wysbegeerte.

Al is dit dus nie goed te keur nie, dan is dit in e!k geval te verklaar dat daar wysgerige elemente jn die Chr. teologie gevind word.

Ons bedoel hiermee nie dat die Chr. teologie formeel gebruik maak van die wysbegeerte nie — dit rrioet hy seker doen; maar ons bedoel dat daar materiële elemente van die wysbegeerte in die teo-Ic^ie ingesluip het — en dit is gevaarlik; dit maak die tsologie magteloos teenoor die wysbegeerte en dit help die Christ, denke om altyd weer so makkelik heidens te word soos dit veral sedert Schleiermacher die geval is. Hierdie proces van verheidensing van die Chr. denke word ook in die hand gewerk deur die i'fiit dat daar ook nog geen Christelike wetenschap bestaan nie, sodat die teoloog in sy voorbereidende studie feitelik heidens leer dink al bly sy hart dan nog Christelik. Oor die algemeen is dit dan ook seker 'n feit dat daar reeds 'n dualisme (teenstiydigheid) bestaan tussen hoof en hart bij die teoloog wanneer hy sy teologiese studie begin, omdat sy hoof heidens '-.n sy hart Christelik is. Ons wil net 'n paar punte aanstip waaruit die inwerking van die wysbegeerte op die teologie sal blyk. En dan begin ons by die fee gin wat tevens ook die end is n.l.

Die Godsbegrip.

Die vrae na God is die laaste motief by die wysbegeerte, alleen maar, die wysbegeerte kan op die vraag wie en wat God is geen antwoord gee sender J)g van die teologie nie. En tog het die wysbegeerte probeer om uit homself antwoord te gee op hierdie vraag en die antwoord is tweeërlei, n.l. 1) God is absolute S y n wat staan teenoor die wereld als s k y n, 2) God is die kern van die wereld wat deur 'n proses van ontwikkeling Homself assodanig bewus word. Nou is dit opmerklik dat albei hierdie Godsbegrippe ook in die Chr. teologie aangetref word: ie eerste is afkomstig van Plato en het via Augustinus en Thomas Aquino in die teologie gekom, terwyl die twede jonger is en veral onder invloed van Evolusie-leer ingemg gevind het. Dat die twede opvatting omtrent God onbybels is sal elkeen dadelik voel, want dit vereens e 1 w i g God met die wereld, terwyl die Bybel tóg duidelik leer dat God wesens verskillend is van die wereld. Maar die eerete Godsbegrip is moeiliker. Daar is 'n teks in die Bybel n.l. Ex. 3:6: k zal zijn, die Ik zijn zal, wat blykbaar hierdie opvatting bevestig en tog meen ons dat hierdie teks net God se eienskap van onveranderlikheid bekend maak; dit is 'n kenmerk van God se wese, maar dit is nie sy wese nie. Eintlik het die Bybel net één wesensnaam van God n.l. God is gees (Joh. 4:24), en dan seer seker goddelike gees en nie m e n s 1 i k e nie.

God is wel die absolute syns grond van die wereld, rnaar dis heel iets anders as om te sê dat God absolute Syn is.

Alles „syn" tog en 'n relatieve syn is iets ondenkbaar.

Die Mens.

Die twede punt is die mens-op vatting. By die ou heidense denke is die mens goddelik en dier-1 i k, n.l. sy gees is goddelik en sy sgn. liggaamlike lewe is dierlik — dit sluit in sowel sy s i e 11 i k e as s t o f 1 i k e lewe. Hierdie heidense mensbeskouwing het diep deurgedring in die Chr. denke, veral onder invloed van die Evolusie, maar selfs by ou Chr. teoloë vind ons spore daarvan.

Dis seker nie nodig om te sê dat dit deur en deur onbybels is nie. Die bybel ken die mens net as mens na sy siel en liggaain — die driedeling van die mens in gees, siel en liggaam is ook heidens en nie Bybels nie. Iets van hierdie heidense splitsing van die mens iu goddelik en dierlik ki-y ons ook by Thomas Aquino se d e u g d e 1 e e r waar hy spreek van bonatuuriike deugde (geloof, hoop en liefde) en natuur-Hke deugde (wysheid, moed ens.).

Die Sonde.

Uit die heidense mensopvatting volg sy sondebegrip ri.I. die gees sit vas in die stof, en die woord stof omvat sowel die siellike as liggaamlike lewe van die mens — dis sy gees (verstand) wat in die tronk van sy wil en gevoel gevange sit — die laaste twee (wil en gevoel) soos dit openbaar word in begeerte en d r i f t e is die sonde, omdat dit die laëre, die dierlike is, terwyl die gees goddelik is.

Onder invloed van die Evolusie het hierdie heidense sondebegrip die Chr. denke totaal ooi-weldig, maar spore daarvan vind ons dwarsdeur die eeue heen by die Chr. teologie. Onnodig seker om te sê dat hierdie sondebegrip absoluut onbybels is. Volgens die Bybel is die mens se verstand net so bedorwe geword as sy wil en gevoel, en die beste bewys daarvan is die heidense denk-stelsels! En die mens se wil en gevoel met hulle werkingeis assodamg net so min dierlik as sy verstand dierlik is — hulle is eg mens-1 i k, maar deur die sonde net bedorwe geword soos ook die verstand. As die mens b.v. honger en dors het dan het hy menslik honger en dors en nie dierlik nie.

Op die gebied van die sondeleer het die heidense , < lenke die diepste sy wortels geskiet in die Chr. denke.

Die Verlossingsleer.

Uit die sondebegrip volg die verlossingsleer. By die .teidense wysbegeerte is-dit: -sel f v erlossing, wat beteken dat die god. gees van die mens homzelf moet uitwikkel en loswikkel uit die siel en liggaam tronk. Vandaar die „strewe" gedagte by die heidense wysbegeerte en hierdie strewe na verlossing is vir die heiden godsdiens — hyis'nsoekerna God.

Hierdie heidense verlossingsleer beskou dan ook die 1 y d e as die heilsmiddel by uitstek, dis 'n louteringsproses totdat die gees die „hemele deur" vlieg na God toe!

Hierdie heidense gedagte het sy spore diep nagelaat in die Chr. teologie — die „strewe" gedagte kry ons aldeur by die Chr. denkers, en dat die 1 y d e veelal as 'n heilsmiddel beskou word weet ons baie goed; maar dis veral onder invloed van die Evolusie met sy ontwikkelingsgedagte dat die selfverlossingsleer sy beslag gaan lê en ook al grotendeels gele het, op die Chr. denke. Dat die godsdiens 'n s o e k e na God is, en dat die s o e k e na die waarheid almeer godsdiens word dit weet ons ook goed in S. Afrika.

Dis noueliks noodig om te sê dat die Bybel onversoenlik staan teenoor hierdie heidense verlossingsleer. Die Bybel ken net genadeverlossing en vir „strewe" sê die Bybel „heiligmaking", en godsdiens is die v r u g van genade.

Die Eindbestemming van die Mens.

Uit die heidense verlossingsleer volg sy beskouing dat die mens uiteindelik nie op die aarde, maar in die hemel sal vertoef vir ewig. Dit noem ons die „Jenseitigkeit" (na die andere wêreld-toe) van die heidense wysbegeerte; as die gees „loskom" uit die tronk dan gaan hy na die gode toe en word self vergoddelik en daannee is dit „uit en gedaan" met die mens, dan het hy sy eindbestemming bereik.

Eienaardig, dat die Chr. teologie ook hierdie heidense gedagte nie kan kwyt raak nie. Dis seker die ellende en lyde wat die Christen denker ook maar laat uitsien het na die skeiding van hierdie aarde om nooit weer terug te kom nie. En dit tenspyte van die baie duidelike eindgedagte van die Bybel n.l. dat die aarde die eindbestemming van die mens is en nie die hemel nie.

Dis sowel onder invloed van hierdie heidense „Jenseitigkeit" gedachte as ook onder invloed van die M e t o-disme wat die Chr. denke so 'n sieklike hemelopvatting gekry het, terwyl die Christendom moes besef het dat die „hemer'-gedagte as 'n oord vir gesaligdes eintlik 'n a a n k 1 a g teen die mens is — dit moes daar nie gewees het nie! Die mens moes nooit (weg) van die aai-de gegaan het nie — dis deur die sonde wat dit alles gekom het.

En daarom kan die eindpunt van saligheid seer seker nie bereik word voordat die mens nie weer „terug" is op die aarde en sy „woonplek" geheilig en gesuiwer is van alle sondesmet; Dan eers sal hy tenvolle God die eer kan gee en s a 1 i g wees.

Maar genoeg.

Uit die voorgaande blyk seker genoeg dat die Chr. teologie as dit sy krag weer sal herwin 1) gesuiwer moet word van die heidense wysgerige elemente en 2) sy stof uitsluitelik moet put uit die Godsopenbaring in die Bybel en niet uit die menslike denke nie.

Tot zoover het lange, maar beteekenisvolle artikel. Ik ben er zeker van, dat velen dit ex. van ons blad erom bewaren zullen

Zaid-Afrikaansche „rechtspraak” (II).

Thans het vervolg van ons citaat uit „Die Kerkblad":

Hoër Kritiek.

Die twede a.anklag teen die eiser was dat hy geleer het: „Dat het kritiese rekonstruktie-standpunt van de geschiedenis van Israël het rechte is (waardoor de gang der geschiedenis zoals in de Schrift zelf prima facie aan het licht komt, omgekeerd en ontkend wordt, eveneens het auteurschap van Mozes)". In ey antwoord het eiser gesê dat die hoer kritiek 'n metode is wat hy gebruik, maar hy het ontken dat hy al die resultate aanvaar waartoe die metode sekere ander fcritici gevoer het. Aangaande die Pentateug het hy tot die gevolgtrekking gekom dat dit in sy bestaande vorm niet uit die pen van Moses gekom het nie. Maar hy het glad nie gesê dat Moses niks geskryf het of dat daar geen wette is wat uit die tyd van Moses stam nie.

Ek het hierdie klag die laatste behandel omdat dit tot sekere hoogte afhang van die vrae wat in die eerste en derde klag geopper word. Die term „hoer kritiek" was natuurUk nie bdcend toe die Belydenis des Geloofs opgestel is nie, sodat dit daarin nie genoem word nie. Die belydenisskrifte sê nie as 'n belydenis dat die Pentateug deur Moses geskryf is nie. Art. 4 van die belydenisskrifte gewaag weliswaar van die „vyf boeke van Moses", maar daar kan betoog word dat hierdie verwysing net so min die oortuiging uitdruk dat die boeke deur Moses geskryf is als die noem van „Homer se Diad en Odyssey" die oortuiging behels dat daar een digter was van al die gedigie. As egter die leer van „plenary" inspirasie aanvaar.woi^d, en ais die standpunt ingeneem word dat Christus as mens geen fout met betrekking tot die outeurskap begaan het nie, dan skyn daaruit te volg dat Moses aangeneem moet word as die skrywer van die Pentateug, want daar is verskillende uitlatings in die Nuwe Testament waar Christus Moses aanhaal as die persoon wat iets geskryf het of gesê het wat in een van die vyf boeke vervat is. Die Sinode van 1928 het derhalwe die oorweging van die twede tóag deur sy besluit oor inspirasie en die Kenosisteorie geprejudisieer.

Die Sinode het meer gedoen, want hy het die aanbeveling van die Leerkommissie aangeneem wat die Mosaïese oorsprong van 'die Pentateug bbvestig. Die aanbeveling was :

„Insake die Hoer Kritiek, of die rekonstruiksie van die geskiedenis van Israel, is u kommissie van oordeel dat hierdie beskouing o.m. die volgende kardinale leerstukke van die kerk ondermyn, wysig of verwerp, n.l.:

(a) Die Mosaïese oorsprong van die Pentateug;

(b) die historisiteit van die Ou Testamentiese geskiedenis;

(c) die leer van 'n bonatuurlike Godsopenbaring;

(d) die wonder;

(e) die onfeilbare inspirasie van Gods Woord;

(f) die absolute gesag van die Heilige Skrif;

(g) die waaragtige Godheid van Christus;

(h) die ganse verlossingsplan soos neergelê en ge-

openbaar in die Heilige Skrif. „Sy is in stryd met Gods Woord en die Belydenisskrifte van ons Kerk, en moet derhalwe verwerp word as dwaalleer."

Die Sinode van 1930 het die aanbeveling van die meerderheidsverslag van die Regskommissie aanvaar, wat lui:

„Wat punt 2 van die klag betref, is u Kommissie van oordeel, dat die beklaagde in sy kritiese ontleding van die Pentateug in die dokumente J, E, D, en P en sy ontkenning dat Moses die outeur en skrijwer van die Pentateug was, 'n standpunt huldig wat in stryd is:

„(3) met die duidelike beskouing van die Sinode van 1928 (Sien Acta Synodi bl. 277 punt IV)."

Aangesien dsiar geen appèl was van die uitspraak van die Ring na die Sinode nie, moet die verrigtings van die Sinode van 1928 en dié van 1930 wat die appèl betref, m, i. nietig verklaar word. Maar selts as ek tot die gevolgtrekking gekom het dat apèlle moontlik was, sou ek genoodsaak wees om te sê, dat die Sinode van 1930 nie bevoeg was om as onpartydige hof te sit nie, aangesien die groot meerderheid van sy lede met ope oë die saak in die Sinode van 1928 geprejudisieer het.

Uitspraak moet vir die Eiser ooreenkomstig aansoeke (a) en (c) van die Deklarasie gegee word.

Op deze poging tot argumentatie hopen we, hetzij zelf, hetzij door aanhaling, te zijner tijd nog wel terug te komen.

K. S.


^) Hooger licht.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 11 maart 1932

De Reformatie | 8 Pagina's

PERSSCHOUW

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 11 maart 1932

De Reformatie | 8 Pagina's

Bladeren