GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

II. — MATERIËLE ASPEKTE VAN HIEBDIE VRAAGPUNT.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

II. — MATERIËLE ASPEKTE VAN HIEBDIE VRAAGPUNT.

9 minuten leestijd Arcering uitzetten

De z.g. oecumenische „synode", VII (Slot).

(Vgl. offisiële agenda IH, A, B, en C.)

In verband met vraag'A: „Gravamen is ingedien teen die beslissing van die sinode van 1905, sub 4. Die sinode het geoordeel dat die beslissinge in ooreenstemming met Skrif en Belydenis is. Was hierdie beslissing reg? " wens hierdie sinode die volgende historiese feite in herinnering te bring:

(a) Die Chr. Geref. Kerk van Amerika het die konklusies van Utrecht, 1905, geratifiseer in sy besluite van 1908.

(b) Nooit is enige Skriftuurlike besware aan die adres van die sinode gerig teen punt 4 nie.

(c) Die Suid-Afrikaanse kerke het nooit die besluite van 1905 offisieel aangeneem nie.

Die sinode sal aan die Geref. Kerke in Nederland meld dat dit nie 'n antwoord op hierdie vraag kan gee nie, omdat die nodige tyd ontbreek om genoegsaam kennis te neem van die gravamen wat by die sinode in Nederland ingedien is en van die rapporte waartoe hierdie gravamen aanleiding gegee het. Verder meen die sinode dat hy hom moet beperk tot die formulering van 'n oordeel met betrekking tot die verklaring van die sinode van 1946, sonder om op die konkrete moeilikhede van die Geref. Kerke in die Nederlande in te gaan, sodat die konklusies van Utrecht soveel moontlik in die agtergrond gelaat moet word, veral waar huUe vervang is deur die verklaring van 1946.

In verband met vraag B: „Selfs as dit nie reg was nie, sou dit 'n skeuring in die kerk regverdig? " antwoord die sinode:

Die sinode sal die Geref. Kerke in die Nederlande informeer dat, volgens sy oordeel, as iemand oortuig is dat 'n sinode 'n ongeregverdigde leerstellige uitspraak doen, hy nie geregverdig is om 'n' skeuring te bewerk nie, tensy hy alle moontlikhede uitgeput het waarvoor die Kerkorde voorsiening maak om 'n hersiening te verkry en die kerk volhard in die handhawing van sy posisie, in stryd met die oortuiging van die beswaarde aangaande die waar-Sheid.

In verband met vraag III: „Wat is ons waardering van die verklaring van 1946? " is op voordrag van kommissie II besluit om 'n spesiale kommissie te benoem om die genoemde verklaring te bestudeer. Hierdie kommissie het bestaan uit: dr P. J. S. de Klerk (voors.), dr H. G. Stoker, prof. D. H. Kroraminga, dr J. T. Hoogstra, dr L. Flokstra en prof. L. Berkhof, met drs W. Rutgers en S. Volbeda as adviseurs. Hierdie kommissie het gerapporteer:

Die kommissie beveel aan dat die „Verklaring van 1946" ontvang word vir informasie en dat dit ingeslnit word in die bylaes by die Handelinge van die sinode.

Hierdie verklaring het vier inleidende opmerkinge, wat die geskiedkundige situasie aandui wat tot die opstelling van die verklaring gelei het. Die kommissie het gevoel dat dit geen mandaat ontvang het om belang te stel in die historiese inkleding waarin die verklaring tot ons gekom het nie. Die tweede deel bestaan uit ses paragrawe. Hiervan bevat alleen die vierde die materiaal wat ons moes ondersoek.

Ons rapport kon elkeen van die vyf sub-paragrawe onder hoof-paragraaf 4 afsonderlik neem. Dit sou egter oortollige werk wees. Laat dit voldoende wees as u kommissie verklaar dat dit uitvoerig op die besonderhede van hierdie paragraaf ingegaan het en bewus van die betekenis van sy aanbeveling, met geduld die arbeid verrig het. Verder het dit, na 'n onafhanklike studie van sy eie, die Nederlandse afvaardiging geraadpleeg en die nodige toeligting ontvang.

U kommissie is eenstemmig dat die „Verklaring van 1948" in ooreenstemming is met Skrif en Konféssies. Ons beveel aan dat die sinode hierdie oordeel sy eie maak.

Die sinode het hierdie rapport aanvaar.

(N.B. — Een lid van die sinode, dr H. Kuiper, het nie aan die besprekinge en besluite in verband met die Nederlandse moeilikhede deelgeneem nie, aangesien hy volgens sy verklaring oortuig was dat die sinode van die Chr. Geref. Kerk, 1946, nie begeeij het dat sy deputate na die ekumeniese sinode hieraan sou deelneem nie.)

(Noot: U deputate wil ter voorkoming van misverstand daarop wys dat die' besluit van die sinode geen uitspraak doen oor die vraag of so 'n verklaring as dié van 1946 nodig en wenslik was nie, ook nie oor die vraag of daar nie 'n beter verklaring gemaak kan word nie. Die sinode het eenvoudig verklaar dat die aan hom voorgelegde stuk in ooreenstemming met Skrif en Belydenis is.)

Die genoeme verklaring van. 1946 lui as volg: —

„VERKLARING VAN 1946".

(Opgestel deur die sinode van die Geref. Kerke in Nederland).

Op grond van de Heilige Schrift en van de Belijdenis der Kerk spreekt de Synode uit:

(De tekst is aan onze lezers bekend. Red. Ref.).

III. — KERKLIKE MOEILIKHEDE IN DIE NEDERLANDE.

Die sinode het besluit dat die afgevaardlgdes van Nederland gevra sal word om hierdie saak eers voor die voUe sinode toe te lig, aangesien geen genoegsame toeligting nog ontvang is nie. Daarna sal kommissie II op die hele saak ingaan (art. 24).

Dr Berkouwer het hierop 'n kort oorsig gegee oor die belangrikste gebeurtenisse in die Geref. Kerke van Nederland gedurende die laaste tiental jare. Die generale sinode van 1936 het 'n kommissie benoem om verskillende leergeskiUe te bestudeer. Tot bevrediging van baie is eenparig sekere konklusies bereik in 1942. In dieselfde jaar is egter beswaarskrifte ingedien teen die konklusies van Utrecht, 1905. Die sinode het hierdie beswaarskrifte nie gehandhaaf nie, maar verklaar dat die konklusies in ooreenstemming met Skrif en Belydenis is. Dit het ook verklaar dat die konklusies bindend is vir almal wat betrokke is. Dit het ten slotte gelei tot die afsetting van prof. K. Schilder. Die sinode het tot hierdie finale stap gekom in belang van die goeie orde in die kerk van Jesus Christus. Die sinode van Utrecht, 1946, het 'n nuwe formulering gegee van die konklusies van 1905. Die Chr. Geref. Kerk in Amerika is nie geraadpleeg nie, nie omdat die sinode nie die noodsaaklikheid van sodanige raadpleging gevoel het nie, maar vanweë die groot drang van die situasie.

(Noot: Dat die Chr. Geref. Kerk van Noord-Amerika hier spesiaal genoem word, vind sy oorsaak waarskynUk hierin dat hierdie kerk sy offisiële goedkeuring aan die konklusies van 1905 geheg het.) (Art. 26)

Op voordrag van kommissie II het die sinode hierop besluit:

I. — FORMELE ASPEKTE VAN HIEBDIE VRAAGPUNT.

Die sinode verklaar dat hy wel die gesag besit om die saak van die kerklike moeilikhede in die Nederlande op te neem, aangesien —

1. Die sinodekerke wat lede is van die ekumeniese sinode desgevraagd mag help in hul moeilikhede, 'n beginsel wat reeds beliggaam is in die beginsels van die Geref. Kerke van die Nederlande en wat die Chr. Geref. Kerk neergelê het in interkerklike korrespondensie.

2. Geen hersiening (review) van konkrete dissipllnêre gevalle word van ons verlang nie.

3. Die sinode moet 'n vergadering wees waarheen leerstellige appèlle geadresseer kan word.

D. — SAKE WAT NIE OP DIE OORSPRONKLIKE AGENDA VOORKOM NIE.

1. Br. Richard Postma, voorsitter van die Federasie van Geref. Jongmarinevereniginge in Amerika, het die groete van hierdie organisasie oorgebring en die lede ultgenooi na hul massavergadering in die stadsaal van Grand Rapids. Hier was ongeveer drieduisend mense byeen en by dié geleentheid het prof. Stoker die groete van die Jongeliedeverenigings en Calv. studente-organisasies in Suid-Afrika oorgebring, tervs^yl die drie dele van „Koers in die Krisis" aan die organisasie deur hom namens die F.C.S.V. cis geskenk aangebied is.

2. Dia sinode het besluit om 'n kabel te stuur aan die sinode van die Geref. Kerke van Nederland, gelyktydig in sitting byeèn te Zwolle. Hierop is die volgende as antwoord ontvang: Die Generale Sinode van die Gereformeerde Kerke in Nederland bedank u hartlik vir u groete en seënwense en wens die Internasionale sinode van Geref. Kerke, vergader in Grand Rapids, van harte die seen van God en die lig van die Heilige Gees op sy werk toe. Munnik, praeses, Van der Woude, scriba.

3. Dr J. Hoek het die sinode gevra of iets gedoen kan word vir die kerke in die graafskap Bentheim en Oost-Friesland wat deur die outoriteite in die besettingsgebied nie toegelaat word om afgevaardlgdes na die Generale Sinode van die Geref. Kerke te stuur nie. Die sinode het hierdie saak na die moderamen verwys vir advies. Die moderamen het 'n brief gerig aan die verteenwoordiger van Grand Rapids in die Kongres (Parlement), agb. Bartel J. Jonkman, en gevra of hy miskien enige hulp in hierdie verband kan bied. Die sinode het sy goedkeuring aan hierdie brief geheg.

E. — AFSLUITING.

Na die gebruiklike bedankinge het die eerw. voorsitter met 'n indrukwekkende rede afgesluit.

F. — TERUGBLIK DEUR U DEPUTATE.

Die afvaardiging na die eerste Geref. ekumeniese sinode was vir ons kerk 'n groot onderneming. Ons werkkragte is min en die internasionale toestand was nog ver van normaal by ons vertrek. Ons voel egter oortuig dat 'n groot saak aangevoor is. Hierdie nuwe weë wat vir ons geopen is, sal ongetwyfeld van verreikende betekenis wees vir ons kerke in die toekoms. Die kontak met broeders uit verskillende wêrelddele beteken ontsaglik veel. Met reg kan ons nou verwag dat belangrike sake in die toekoms na ekumeniese sinodes verwys sal word, voordat die nasionale sinodes beslis. Al die raagte van die ongeloof is internasionaal georganiseer en in sy stryd sal die kerk van Christus nie tot nasionale grense beperk kan bly nie.

Daar is met moeilike vraagstukke geworstel, en ons kan getuig dat lig ontvang is op menige punt. Óns hoop dat die eerw. sinode instemming met die besluite sal kótn betuig. Die eenheid ten opsigte van die groot en belangrike leerstukke was hartversterkend. Mag die Here sy seen gebied op wat in swakheid, maar onder biddende opsien tot Hom, verrig is, en mag die volgende ekumeniese sinode D.V. meer omvattend wees sonder verwatering van ons dierbare geloofsbelydenis, maar inteendeel met kragtige hervorming as resultaat, tenvyl ook die heerlike eenheid van die liggaam van Christus gesmaak word, al is dit dan nie in volkomenheid nie.

U deputate wens u te bedank vir hul vererende opdrag, waarvan huUe langs hierdie weg verantwoording gedoen het.

Met die meeste hoogagting en seënbede op u gewigtige arbeid.

U broeders in CSiristus,

P. J. S. DE KLERK.

H. G. STOKER.

S. DU TOIT.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 28 juni 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

II. — MATERIËLE ASPEKTE VAN HIEBDIE VRAAGPUNT.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 28 juni 1947

De Reformatie | 8 Pagina's