GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

De z.g. oecumenische „synode", V.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

De z.g. oecumenische „synode", V.

5 minuten leestijd Arcering uitzetten

(iii) Wat sal die karakter, die gesag en die doel van die toekomstige sinode wees?

Nadat die voorstelle van kommissie I geamendeer is, het die volgende die besluit van die sinode geword:

Hierdie sinode stel homself ten doel om grondleggend en voorbereidend te wees, sodat die weg gebaan mag word vir 'n groter, meer ekumeniese vergadering van kerke. Die' algemene karakter en doel van hierdie groter ekumeniese sinode sal dieselfde wees as dié van die voorbereidende sinode, maar dit moet duidelik verklaar word dat dit van 'n BUITENGEWONE aard sal wees, met hervorming in leer en lewe as een van sy vernaamste doelstellinge.

(Noot: Die sinode het ook 'n kort geskiedenis van die pasgehoue vergadering opgestel, wat die uitnodiging aan die verskillende kerke sal vergesel. Aangesien ons kerk met die geskiedenis genoegsaam op hoogte is (vgl. bv. Handelinge 1942, bis. 87 v.v.) gee ons dit nie weer nie).

(iv) Saamroeping van die volgende ekumeniese sinode.

Op voordrag van komm. I is die volgende geneem: besluite

1. PLEK EN TYD VAN SAMBKOMS: Amsterdam, Aug. 1948 of so spoedig moontlik daarna.

3. ROEPENDE KERK: „De Gereformeerde Kerk van Amsterdam".

3. GETAL AFGBVAARDIGDES: Elkeen van die uitgenodigde kerke sal geregög wees op drie afgevaardigdes met keurstem, met hierdie een uitsondering dat die Geref. kerk van die Nederlande geregtig sal wees op sewe afgevaardigdes met keurstem, onder die verstandhouding dat hulle drie afgevaardigdes van die Nederlande sal benoem, een van die Duitse kerke, een van Frankryk-België, een van Nederlands-Oost-Indië, en, indien prakties uitvoerbaar, een van Suid-Amerika. Die sinode beskou dit wenslik dat daar 'n behoorlike verteenwoordiging van onderlinge sal wees.

4. WYSE VAN STEMMING: Die afgevaardigdes sal stem as individue en nie as kerke nie.

5. KOSTE: Die reiskoste van die afgevaardigdes moet gedra word deur die kerke wat hulle stuur, maar die onkoste van onderhoud terwyl die sinode in sitting is, sal gedra word deur die Gereformeerde kerke van die Nederlande, in oorleg met die ander kerke van die Nederlande wat sal deelneem aan die ekumeniese sinode.

6. KOMMISSIE VAN ADVIES: 'n Kommissie van advies moet deur hierdie sinode benoem word. Hierdie kommissie moet die roepende kerk van advies dien met betrekking tot enige punt wat mag voorkom vanaf die huidige tydstip tot die vergadering-van die volgende ekumeniese sinode. Hierdie kommissie sal bestaan uit drie lede, een uit elk van die drie verteenwoordigende kerke, en as 'n vakature ontstaan, moet dit opgevul word deur die kerk waarvan die lid weggeval het. As kommissie word benoem proff. Berkhof, Aalders en S. du Toit.

(Noot: In die gedrukte acta word die kommissie ook genoem: kommissie vir korrespondensie.) (Art. 134).

7. ADVISEURS: Dit word oorgelaat aan die roepende kerk om, in oorleg met die kommissie van advies, te bepaal wie gevra sal word om as adviseurs van die volgende ekiunêniese sinode te dien.

8. AGENDUM: Al die verskillende sinodes wat afgevaardigdes na die volgende ekumeniese sinode sal benoem, sal die verskillende punte wat hulle op die agendima wens te plaas, aan die roepende kerk stuur, indien moontlik minstens ses maande voordat die ekumeniese sinode vergader.

9. UITSTUUR VAN UITNODIGINGE: Nadat die beslissinge van die versldllende sinodes geval het, sal die roepende kerk die uitnodiginge uitstuur.

II. A.2. — INTERKERKLIKE KORRESPONDENSIE.

Op aanbeveling van kommissie I het die sinode in hierdie verband as volg besluit:

1. Dit is in harmonie met die gees van art. 48 K.O. as Geref. kerke kerklike korrespondensie in 'n wyer sin uitvoer deur in ekumeniese sinode tel vergader tot algemene opbouing.

2. Dit is ook raadsaam vir Geref. kerke om kerkUke korrespondensie in 'n wyer sin te onderhou met kerke wat enigsins (more or less) afwyk van die Geref. belydenis deur afgevaardigdes in 'n broederUke gees te stuur (fraternal delegates) na hul sinodes, ingeval onderlinge raadpleging tot onderlinge profyt sal strek.

3. Vir kerklike korrespondensie in enger sin, wat inhou dat kerke hul kansels vir mekaar oopstel, die sertifikate van lidmaatskap wederkerig as geldig erken, lidmate oor en weer toelaat tot die nagmaalstafel en afgevaardigdes oor en weer na die sinodes stuur in die verstandhouding dat aan hierdie afgevaardigdes adviserende stem gegee sal word, is 'n vereiste dat kerke een sal wees in kerkregering en dissipline sowel as in leer.

4. Gereformeerde kerke moet daarna strewe om kerke wat enigsins (more or less) afwyk van die waarheid van God ten goede te beïnvloed deur die Gereformeerde oortuiging in heldere en duidelike tone uit te basuin.

In hierdie verband moet opgemerk word dat die term „korrespondensie" in art. 48 van ons K.O. nie 'n geskikte term is om te dek wat teenswoordig bedoel word as gespreek word van kerklike korrespondensie in wyer en enger sin nie. Die sinode verwys hierdie saak na die drie nasionale sinodes ten einde 'n beter term te vind wat sal pas by huidige omstandighede.

Verder word besluit: Ten einde 'n nouer band te smee tussen die drie kerke wat lüer vergader is, word elkeen van die drie kerke gevra om voortaan twee eksemplare van alle ofösiële dokumente aan die ander twee kerke te stuur.

In verband met punt 4 het kommissie I opgemerk dat . dit moeilik is om te antwoord op die vraag of kerke met Geref. belydenisskrifte enige vorm van korrespondensie moet onderhou met kerke wat sommige van die grondwaarhede van die Geref. geloof verloën. Aan die een kant eis die wet van die hefde dat kerke wat die Geref. oortuiging van harte koester as die beste interpretasie van die Heilige Skrif, ernstige poginge moet aanwend om ongereformeerde kerke (unreformed churches) vir die Geref. oortuiging te wen. Maar aari die ander kant is dit selfevident dat 'n ruime mate van takt nodig is by die nastrewe van hierdie doel. Dit skyn vir die kommissie dat dit heeltemal nutteloos sal wees om offisiële afgevaardigdes te stuur of offisiële kormnunikasies aan afgedwaalde (wayward) kerke, in die hoop dat 'n direkte beroep hulle sal oorreed om die dwaling vaarwel te sê. Die kommissie verwag meer van ander metodes soos in punt 4 uiteengesit.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 17 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

De z.g. oecumenische „synode

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 17 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's