GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

Persstemmen.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Persstemmen.

13 minuten leestijd Arcering uitzetten

Dwars trekkers.

Onderstaande brief, voorkomend in „Die Kerkblad" van de Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika ligt al eenigen tijd op mijn schrijftafel. Hij is wat lang en toch wil ik hem liever niet yerknippen. De levenswijsheid, welke er uit spreekt en met zout besprengd is, wil ik gaarne onder de aandacht van onze Nederlandsche lezers brengen. Wellicht komen ze tot de konklusie, dat het geslacht der dwarstrekkers nog al vruchtbaar' is en ook in Noordelijker klimaat schijnt te kunnen aarden. Ik wil er nog aan toevoegen, dat de briefischrijver Ds T. Hamersma van Colesberg is, voor velen onzer geen vreemde, al is hij, naar ik meen; , in geen jaren in Europa geweest.

Waarde Vriend, — Die hele more dreig ek al, om met my brief aan u te begin, en tog kan ek nie aan die gang kom nie. Ek het bale te doen en oofc' lus om dit te doen, en tog kan ek nie lekker begin nie. Dit is party keer so met 'n mens. Die werk is' volop en tog kan jy dit nie aanpak nie. O ek het al so baie keer jammer gekry vir 'n steekse perd. Hoe is daardie diere al nie gemishandel nie, en tog kan mens nie van hul sê, dat hul lui is nie. Nee, die dier is miskien baie fluks, vol moed oofc, en as dit eers trek, oortref dit sy maat. Maar die arme dier is senuweeagtig, en daar is iets wat hom hinder om die tuig te vat. Ons noem so 'n dier dan steeks, en ons feelf ly ook party keer aan die kwaal. Ons ia nie lui nie, maar miskien baie fluks; vir werk is onsi nie bang nie, nee dit is juist ons lewe om te werk, , en 'kyk nou gebeur dit, dat mens nie aan die gang kan kom nie. Ons skrik vir die graaf, of vir die pen' Een dag staan ek op die pier te Kaapstad en 'n jong man Is klaar, om in die see te gaan swem. Hy staan nnderkant die pier op een van die groote balke, wat amper gelyk met die water is, gereed om in 'die water te spring of liewer daarin af te skiet. Hy maak elke slag sy hande by mekaar en steek hul vorentoe so as die regte swemmers gewoon is om te doen, en buig hy sy lyf vooroor en dit lyk dan, dat hy die duik sa! waag, maar elfcers trek hy sy liggaam terug. Aan 'sy vriende, wat staan kyk en half teleurgestel voel, roep hy toe: Weet jul, dit is die „initial shock", die eerste skrik, waar ek bang voor is, en wat my teenhoü. Ja juis, die eerste induik dit is die grootste ding. Op laas skiet hy weg in die diepte, en daar ver kom hy bo die water uit en swem met lange; hale vèr weg na 'n skuit wat daar lê. Hy was 'n baas swemmer, maar o, die eerste induik in die koue water, wat het hy daar teen opgesien.

So was dit ook met oom Kalie, wat 'n preek in die kerk moes lees. Hoe lang het hy nie gedreig nie, en daar bitter teen opgesien. Dit was as 'n hoë berg wat voor hom lê, en hy was tog so hniwerig, om die steil hoogte te beklim. Ek wil u nie vertel nie, waiter planne hy al nie het sit nitdink, om van die ding los

te kom en ook vir altyd los te bly, maar op laas moes by in die groot water induik-of om by my eerste beeld te bly, moes by die sieil opdiaand Vat.

Toe hy eers op koers was, hei dit so lekker gegaan, dai by daar self plesier in gekry liet, en toe hy aan die ent van die preek kom, amper spyt was dat hy so 'n korte, die kortste in die boek, uitgesoek het. Omdat die lees nou lekker vir hom gewerd liet, gee by somar aan die slot een van die lang versies van Ps. 68 op.

Mense, wat eers party koer effens steeks is, is lastig, want jy moet hnl al te mooi paai en nes 'n perd sag op die skof klop, en soet woordjies praat, maar as Iml ocrs deur die ding heen is, en wegspring is hul van die beste trekkers.

Mens moet sulke mense volstrek nie gelyk stel met dwarstrekkers. Sulkes het ek ook al ontmoet, en hul is nie slegs lastig nie, maar van die regte reniskoene. Waar ander wil trek of reeds besig is die wa teen 'n hoogte uit te sleep, en dus goeie werk doen, kom hul met allerhande aanmerkings en weier om saam te doen, en party keer probeer hul nog om 'n groot klip voor die wiel te sit. Mens noem dit dAvarstrek.

Oom en tante is teen die sending en hul wi! hê, dat daar meer aan die armes moet gedoen word; Goed, maar kry die diakens nou so af en loc 'a gone pond of 'u vyfpondnoot in die armkollekte by die kerkdeur, wat van oom en tante kpm, wat so sterk vir die arme is? Of daar moet noodsakelik 'n. verbetering aan die kerk gedoen word: uwe gordyne vir die vensters of tapyte op die vloer moet daar beslis kom. Of ook is die tyd ryp vir 'n ojrel-Die susters sukkel hul gedaan, om deur 'n verkoping wat geld bymekaar te maak teneinde die kerkraad in staat te stel, om die Godshuis te verfraai, maar nou is daar een of twee op toen. Dit is in hul oog altemit nie Gereformeerd nie, hoewel die sinode van Beddersburg dit al jare gelede goedgekeur het om verkopings te hou. 'n Ander sê weer, dat dit nie die taak van die susters is, om vir die kerk te werk nie, en as mens hul dan at wys op wat die vronen s vir die tabernakel gedoen het, soos ons lees in Eksodiis .3.'5:25, 26 dan het hul daar tog nog beswaar teen. Of ook daar word objeksies ingebring teen die manier waarop die verbeterings sal gemaak word. Die gordyne moet vir hul juis diè kleur hê, en nie 'n ander nie. Maar die kleur is nie te kry nie, of al die ander lede vind weer die kleur nie passend nie en nou bly die beswaarmakers stil sit of hul praat teen en belet ander om lekker te werk. So 'n houding is baie af te keur, en dit maak die hando van die gewilliges en werldustiges slap. Nou is dit wel waar, dat mens besware kan hè, teen wat ander doen, maar as die groot meerderheid in 'n gemeente geen beswaar het teen 'n verandering of verbetering, moet die paar wat in die minderheid is, tog aanneem dat die meerderheid nie somar ligvêrdig te werk gaan nie. Baie keer Is dit die gevcfl, dat altyd dieselfde persone. besware het en nou sou ek wel wil vra, of hul dan juis sulke none gewetens het. Wil hul dan sè, dat die ander miskien glad nie 'n gewete in hnl bors ronddra nie? Dan 'sal mens verder sien, dat die dwarstrekkers gewoonlik self nooit met 'n plan voor die dag kom; wat 'n ander wil doen, kan hy nooit goedkeur nie, maar self stel hy nie iets anders voor. Gewoonlik doen hul niks nie, sê ek, maar dit is verkeerd; hul, doen wel iets, want hul sit te kritiseer en aanmerkings maak, en as die werkers miskien 'n teenspoedjie het of 'n foutjie maak, dan skep hul daar behae in. Dan lag hul en vertel dit oral. Dit lè in die aard van die dwarstrekker en dit is sy vermaak. As hy wat 'n, • ander met moeite opbou, kan laat verongeluk, sal liy so 'n kans nie laat verbygaan nie.

Die Heiland het ook, soos u weet, waarde vriend, in Sy dae die bande vol gehad met dwarstrekkers.

Hul was net so as die onwillige kinders op die mark, sè die Heiland, wat nie met hul maats wou, saamspeel nie. As die kinders, wat lus tot speel .gehad het, vir die dwarstrekkers op hul fluit 'n vrolik wysie laat hoor, wou hul nie dans nie, en as die gewilliges dan begrafnis begin speel en klaagliedere laat 'hoor op die fluit, dan wil die suurkykende dwarstrekkers 'ook nie eens huil nie.

Johannes die Doper kon dit daardie geslag nie na die sin maak nie met sy strenge Jeefwys en hul het van hom gesê, dat hy van die duiwel besete was met sy harige mantel en sy sprinkhano en wilde heiming, en tóe die Heiland 'n mooi , rok sonder naat dra, en uitnodigings na maaltye aanneem, spreek hul lasterlike woorde van Hom en sè, < lat hy 'ïi brasser en wyndrinker is. Matth. 11:16.

Om 'n saak op kerkclik, politiek of ander gebied te laat verongeluk, vereis nie veel kennis en verstand nie; nee 'n nydig hart kan dit daar al ver in bring.

Neef Nols sit een dag op oom Tienie se winkel se stoep in 'n tamelik groot geselskap te spog, dat hy ook iets in die gemeente beteken. Al was hy nooit nie diaken of ouderUng nie, hul moet darem met hom rekening hou, sê hy. Het hy laas met die iüwyding Van die nuwe kerk nie amper die Nagmaal gestop hie? U moet weet dat oom Nols bitter teen die hou van die nuwe kerk was gewees, en veral teen die mooi toring.

Hy 'het toe met die Nagma, al 'n brief aan die kerkraad 'geskryf, dat die Nagmaal nie kan deurgaan nie, omdat 'ouderling oom Fanie in die ouderlingsbank. gelag het, en omdat die dominee op die begrafnis van Nols se vader 'n kort baadjie .aangehad het en mie 'n manèl nie, en sy pa was tog vroeër ook' •ouderling gewees. En al sê toe oom Fanie ook al, dat hy nie gelag het nie, en as daar altemit 'n glimlag oor sy gesig getrek het by 'n Idein voorval in, die kerk, dit niet was om iemand , te bespot nie; en al sê die leraar ook al, dat sy manèl met die begrafnis nie by die hand was nie, omdat sy reistas by ongeluk met die trein na 'n ander statie gegaan het, dit alles het min gehelp. Nols het sy vroa en kinders, sy broers en famielie opgemaak, en 'n • groot moeilikiieid veroorsaak, en hoewel die 'Nag-, .• maal wel'deurgegaan het, het Nols tog daarin, geislaag dat die plegtigheid van die inwyding van die nuwe kerk sy glans verloor net.

Ja, so herhaal hy, ek kan ook iets doen, al het ek nie gehelp om die nmva kerk te hou, en jul toring van llabel op te rig.

Oom Diek, wat gewoonlik nie baie gepraat het nie, maar as liy sy inond oopmaak 'n raakskoot kon skiet, maak nou 'n ent aan die spoggery van oom Nols en sê: eef Nols weet jy, waar jy my aan laat dink net toe jy met 'die groot kerkelike fees so verkeerd was. Ek wil dit vir jou sê, maar moenie kwaad word nie. Ek het gedink aan die groot blou vlieg, waarvan Salomo skryf in Pred. 10:1. - Aan daardie lelike vlieg, wat in die heerlik ruikende salf van die apteker versmoor het en die kosbare nardus laat opkook en laat stink het, sodat die apteker dit moes weggooi. Salomo sê, dat 'n bietjie dwaasheid 'n man, wat anders baie, verstandig en eei'baar is, net so kan bederf, en so was dit toe met jon koppigheid en dwarstrekkery ook.

Jy is lid van die afdelingsraad en ons lion baie, van jou, maar toe het die dwaasheid jou beotgepak en het vir jou stinkend gemaak, en jy het ons fees amper daardeur bederf, want daar het 'n slegte reuk van JQu koppigheid uitgegaan. Jy hot die salf bederf in pleks van dit, soos die vrome vrou van Bethanië O]) die feesmaal, aan Jesus te bring en die huis daar lekker van te laat ruik. Nou moet jy weet neef Nol, > , dat dit makliker en ook goedkoper is, om salf vir Gods huis te bederf, as om die dure salf te koop en, dit daar te bestee.

Neef Nols, jy moet tog oppas dat jy nie 'n dwarstrekker in die samelewing word nie. Laas wou my windpomp nie water gee nie. Ons trek die pyp met die snier op, en toe sit daar 'n dooie diertjie in die klep. Dit was al dood en half vergaan. Daardie dooie ding kon wel die pomp belemmer, maar dit nie water laat gee nie. Toe kort gelede die dogter van ryk Wiekus trou en hul met 'n splinternuwe motorkar kork-toe. won ry, kry die .band al 100 tree van die huis 'n groot shy deur 'n verroeste hoepel van 'n askas. Dit het die trouery amper 'n uur opgehou, want daar was nie dadelik 'n ander band en ook nie 'n ander kar by die hand. Sien jy neef Nols die stuk verroeste hoepel kon wel die trou teenhon en, verwarring maak, maar daar nie 'n mooi kleur en blydskap aan gee nie. 'Neef Nols, jy het gawe, maar pasop en word nie 'n ou stnk hoepel, wat ander mense pla en hinder.

Oom Nols het gou opgestaan, want die geselskap het gelag oor die kopskote van oom Diek. Hy het weggestap, lelik gekwos, maar soos ek verstaan, .het by later vei'betor. Sy versta.nd het die oorband gekry oor sy verkeerde gemoed en sy nou-en-dan se dwaasheid.

Oorlede oom At het 'n spreekwoord gehad, wat hy ook op dwarstrekkers toogepas het. Dit is, so sê die oom dan, glad nie 'n kuns om 'n duur viool teen 'n boom stukkend te slaan nie, maar dit vra 'n man om daar pragüg op té speel.

Wat is nou die font van die dwarstrekker? Hy mis die g.-.voel, dat 'dit lekker en phgmatig is, om met sy maats aan 'n groot en.gemoenskaplike werk deel te neem, en dit to': island'te bring. Die belang en die gewig van daardie groot werk weeg by hem minder as sy eie eex en sy eie opienie. Dit is'n slegte trek in iemand se karakter. Dit lyk soms net asof hy dink: Ek kan die werk nie doen nie, en jy sal dit nie doen nie.

Dink u ook nie, dat mens daarteen moet stry? Is dit ook nie sonde nie? Is dit lüe soms 'n kwaal onder ons volk?

Nog onlangs kry ek 'n man, wat bitter teen my gekla het, dat daar op sy dorp 'n paar persone is, wat gedurig teenwerk ear dwarstrek as hul iets nodigs tot stand wil bring. Dit maak mens so tam en breek so die bietjie krag, wat ons nog het, sê hy.

Dit is 'n fout, waarteen ons almal moet stiy. Ek is seker, dat u dit met my eens is, en ons oor, hierdie saak seker nie sal dAvarstrek nie. As u evenwel van my mog verskil, sal ek nie somar ingee nie.

HEPP.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 10 mei 1929

De Reformatie | 8 Pagina's

Persstemmen.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 10 mei 1929

De Reformatie | 8 Pagina's