GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

De z.g. oecumenische „synode", I.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

De z.g. oecumenische „synode", I.

13 minuten leestijd Arcering uitzetten

We hebben reeds een en ander opgemerkt over de „sj'node", die noch „oecumenisch", noch „synode" was. Maar een volledig verslag zal onze lezers wel interesseeren — ook-voor de toekomst. We vinden het in „Die Kerkblad" (Zuid-Afrika) van 7 Maart 1947, en hopen het in gedeelten achtereenvolgens te plaatsen. Alleen laten we den tekst der (ver)vang(ings')formule weg, die kennen onze lezers waarschijnlijk beter dan de meeste synodocraten.

Hier volgt het eerste gedeelte:

Verslag'van'depvtate na die ekumenlese sinode, gehou te Grand Bapids, Michigan, V. S. A., 14—30 Aug. 1946.

Aan die eerw. generale sinode van die Geref. Kerk; Eèrw. voors. en broeders,

U deputate wat benoem Is deur die spesial sinode van 1946 om ons kerk te verteenwoordig op die bogenoemde ekumeniese sinode het die eer om as volg te rapporteer: —

A. — INLEIDENDE OPMERKINGE.

1. Vanweë die .ernstige siekte van prof. dr J. D. du Toit, wat deur die eerw. Kuratorium aangewys is as primus-afgevaardigde, moes die secundus, pro' '^" S. du Toit, in die plek van sy hooggel. gaan.

2. Gedurende Maart 1946 het u deputate 'n brief gerig aan die sekretaris van die betrokke komitee van die Christelike Geref. Kerk in die V.S.A., waarin gewys is op die moeilikhede met passaat vanweë die abnormale wêreldtoestande en waarin gevra word of dit nie miskien wenslik sou wees om die sinode 'n jaar uit te stel nie. 'n Afskrif van dio brief is ook aan die Nederlandse komitee gestuur, ..; -arop antwoord ontvang is dat die Nederlandse broeders voorkeur gee aan Aug. 1946. Aan die begin van Junie is 'n uitvoerige kabel na die V.S.A. gestuur, waarop die volgende antwoord ontvang is: „Kan geen passaat waarborg tot twee weke voor tyd van vertrek.... dink dat u geen moeilikheid sal ondervind nie....^ telegrafeer dat u kom." Hieruit het dit vir u deputate duidelik geword dat dit vir die Nederlandse en Amerikaanse broeders 'n groot teleurstelling sou wees as die sinode uitgestel word. Na raadpleging met enige broeders het u deputate besluit om te gaan, veral toe dit blyk dat ons wel passaat van hier kon verkry.

3. Onder die seënende Hand van onse God was die reis van u deputate in albei rigtinge besonder voorspoedig. Die verblyf in die V.S.A. het egter veel langer geduur as wat die oorspronklike gedagte was, mede als gevolg van die staking van die seelui.

4. U deputate is besonder vriendelik deur die Amerikaanse broeders en susters ontvang. Geen moeite is ontsien om ons tuis te laat voel nie. Ons wil aanbeveel dat die eerw. 'sinode 'n brief van bedanking aan die Christ. Geref. Kerk stuur.

B. DIE VERLOOP VAN DIE SINODE.

1. Bidstond: s roepende kerk het die Fuller-Avenuegemeente in Grand Rapids opgetree. Op Dinsdagaand, 13 Aug., is in die kerkgebou van hierdie gemeente 'n bidstond met die oog op die werk van die sinode gehou. Prof. L. Berkhof, emeritus-professor van Calvin Seminary en voorsitter van die sinodale deputaatskap insake 'n ekumeniese sinode, het die Woord bedien en op grond van Efes. 4 : 12—15 gespreek oor: Die geestelike wasdom van die heiliges". Sy hooggel. het verklaar dat die vergadering van die sinode 'n gebeurtenis van geskiedkundige betekenis is. Hierdie sinode moet grondleggende werk doen en dit is belangrik dat ons sal bou op die enigste fondament, nl. Jesus Christus, Na mate ons toeneem in Christus sal ons nader aan mekaar kom. Hierdie geestelike wasdom eis egter lojale aanhanklikheid aan die waarheid soos geopenbaar in die Woord van God. Aan die ander kant moet die waarheid in liefde gespreek word. Ywer sender liefde en liefde sender waarheid is uit die Bose. As ons die waarheid in liefde spreek, sal God ons swakke poginge seen.

Hierna het ds I. van Dellen, een van die afgevaardigdes, voorgegaan in gebed. Ons hoop dat sowel die preek van prof. Berkhof as hierdie gebed in Die Kerkblad geplaas kan word, omdat hieruit blyk in watter gesindheid die werksaamhede begin is. Uit die gebed haal ons net die volgende sinne aan: „Verenig ons meer en meer in die ware geloof. Gee dat die eenheid in leer mag blyk te wees eenheid in krag, en dat hierdie sinode weë en middele mag vind, waardeur die kerke hier verteenwoordig en ander kerke wat staan vir die waarheid wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is, nader aan mekaar mag kom en skouer aan skouer mag staan, terwyl hulle die oorloë van die Here veg en die Woord van God verbrei. Gee dat hierdie vergadering mag dien as instrument om ons kerke tot nuwe reformasie te bring. Gee dat hierdie sinode voorbereidend en grondleggend mag wees vir 'n ekumeniese sinode waarin alle kerke verteenwoordig sal wees wat trou is aan die gereformeerde oortuiging. Gee aan die broeders met die oog hierop wysheid en harte vol van liefde, terwyl hulle die eer van u Naam nastreef en die ware belange van u kerk. Neem weg alles wat c-ns in hierdie groot werk kan hinder. Ban uit ons harte alle selfsug en alle hoogmoed."

2. Afvaardiging: Die Geref. Kerke van die Nederlande was verteenwjiordig deur prof. dr G. Ch. Aalders, prof. dr G. C. Berkouwer, dr J. Hoek en oudl. A. Warnaar, (Die tweede ouderling is verhinder.)

Van die Chr. Geref. Kerk was teenwoordig: Prof. L. Berkhof, prof. D. H. Krorarainga, ds I. van Dellen, ds E. F. , ). van Halsema, dr J. T. Hoogstra, dr H. Kuiper en oudll. dr E. Y. Monsma, dr L. Flokstra, br. G. Buist en br. F. Keegstra.

Van die Geref. Kerk in Suid-Afrika was teenwoordig: Prof. dr S. du Toit, dr P. J. S. de Klerk en oudl. dr H. G. Stoker.

Die professore van die „Calvin Seminary" (die Chr. Geref. Kerk) wat nie afgevaardig was nie, is deur die sinode versoek om as adviseurs op te tree. Ook aan prof. dr N. B. Stonehouse van die Westminster Theological Seminary, afgevaardig deur sy kerk (die Ortodoks-Presbiteriaanse) om die sinode as toehoorder by te woon, is adviserende stem verleen.

3. Groete: 'n Brief rrlet seënwense van prof. dr J. D. du Toit is voorgelees, waarin sy hooggel. sy blydskap uitspreek oor die feit dat 'n lang gekoesterde ideaal nou werklikheid geword het en waarin dr Du Toit sy innige spyt te kenne gee dat dit vir hom nie moontlik was om die sinode by te woon nie. Dr Charles Vincze van die Vrye Magyar-Geref. Kerk (Hongaars) bring die groete van sy kerk oor en spreek die hoop uit dat hierdie kerk ook uitgenodig mag word na toekomstige ekumeniese sinodes.

4. Openlike Verklaring: Al die atgevaardigdes het deur op te staan hun instemming betuig met die Openlike Verklaring van die Gereformeerde Kerke. Die Formulier van die Chr. Geref. Kerk in Amerika is gebruik.

5. Moderamen: Nadat besluit is dat die notule in Engels gehou sal Word, omdat dit die offisiële taal van die •uitnodigende kerk is en die wenslikheid uitgespreek is dat die eerste scriba 'n broeder uit Amerika sal wees met die oog op die finale redaksie van die Handelinge, asook dat al drie Kerke op die moderamen verteenwoordig sal wees, is hierdie liggaam soos volg saamgestel: Voors. prof. L. Berkhof; ondervoors. prof. dr G. Ch. Aalders; scriba ds E. F. J. van Halsema; hulp-scriba pi-of. dr S. du-Toit.

6. Kommissies; Deur die moderamen is die volgende

ver­ kommissies benoem, met opdragte sous by olkeen meld: —

Komm. I: Dr J. Hoek (voors.), dr H. Kuiper, ds Van Dellen, oudl. Keegstra, oudl. dr IWonsma, oudl. dr Stoker — status en gesag van die ekumeniese sinode van Grand Rapids; status, gesag, lidmaatskap en doel van toekomstige ekumeniese sinodes; interkerklike korrespondensie.

Komm. II: Dr P. J, S. de Klerk (voors.), dr Hoogstra, dr Berkouwer, prof. Kromminga, oudl. G. Buist, oudl. dr Flokstra, oudl. A. Warnaar — opstelling van agenda' getuienis; kerklike moeilikhede in die Nederlande; leei* punte.

7. Agenda: Elkeen van die drie deelnemende kerke het punte vir die agenda ingestuur. Al hierdie punte is na kommissie II verwys om voors.telle te formuleer insake offisiële agenda van die sinode.

Die-sinode het die Voorgestelde agenda aanvaar, wat in sy £inale vorm als volg lui: —

I. — Leerstellige punte.

A. — Inspirasie:

Sommige van die vrae wat genoem is, behels: die organiese karakter van die inspirasie, die verhouding van die menslike tot die goddelike (faktor), die absolute gesag van die Skïif in al sy dele. Verder die apologetiese gesigspunt: inspirasie aangeval deur die moderne kritiek.; miskien sal ook kennis geneem moet word van die Barthiaanse en Neo-Protestantse beweginge. ^

B. — Evolusie:

Is daar 'n definitiewe goddelike Plan? Evolusie of Kreasie? Die fundamentele betekenis van die antitese tussen die leer van die skepping en die filosolie van die evolusie.

C. — Esgatologie (die leer van de laaste dinge):

Ondersoek na die leer van die Dispensasionaliste ('n beweging wat verskillende „bedelinge" aanneem en wel so .dat die tyd van die Christelike kerk eintlik net 'n verbygaande tussenstadium is. Kerk en koninkryk van God is twee aparte „bedelinge" — deputate). Kerk en koninkryk van God en veral die implikasies van die Gereformeerde oortuiging, spesiaal in verband met die esgatologie. As dit wenslik geag word, moet die Weg oopgelaat word om die verskil tussen die Geref. en die Barthiaanse esgatologie uiteen te sit.

D. — Die leer aangaande die Kerk:

Eenheid en „pluriformiteit" van die kerk; die verhouding van die sigbare en die onsigbare kerk; die kerk as organisme en as instituut; die taak van die kerk in die moderne wereld: die moontlikheid en die wenslikheid van 'n nouer band (closer relation) tussen kerke.

E. — Kerk en Owerheid:

Die Geref. Belydenis met betrekking tot die verhouding van kerk en owerheid, vgl. art. 36 van die Ned. Gelootsbelydenis en betrokke artikels van die Kerkorde.

II-— Gereformeerae getuienis en aksie.

A. — Organisatoriese Vraagstukke:

Status van ekumeniese sinodes; sinodes en/of konferensies (konvente); vraagstukke van interkerklike korrespondensie, die noodsaaklikheid en verbetering daarvan.

B. — Vraagstukke van promulgasie (afkondiging, uitvaardiging) of propagering (Geref. getuienis): .Uitbreiding en/of hersiening van belydenisskrifte ? Of — spesiale verklaring, getuienis, of leerstellige uitsprake deur die ekumeniese sinode?

1. 'n Getuienis vir ons eie kerke.

(a) Moderne kerklike c; i godsdienstige strominge soos Modernisme, Methodisme, J3arthianisme, ens.

(b) Sosiaal-ekonomies-politieke neiginge (trends) soos Nasionaal-Sosialismc, Kommunisme, Liberalisme, Demoki'asie, Kapitalisme, ens.

2. 'n Getuienis teenoor die wereld.

'n Verklaring, uitgereik deur hierdie ekumeniese sinode, wat 'n samevatting gee van al die besluite.

S. — Ons roeping (mission) in die moderne wereld:

1. Hoe kan ons ons Geref. belydenisskrifte meer effektief maak in die moderne wereld?

2. Christelike Onderwys — die vraagstuk van die publieke skool. •

3. Huwelikskwessies — die vraagstuk van die gronde vir egskeiding.

D. — Die Geref. getuienis in sending en evangelisasie.

III. — Kerklike moeilikhede in die Nederlande.

Die volgende vrae word deur die Geref. Kerke in die Nederlande gevra:

A. Gravamen (beswaar) is ingedien teen die «beslissing van die sinode van 1905, sub. 4. Die sinode het geoordeel dat die beslissinge in ooreenstemming met Skrif en Be­ lydenis is. Was hierdie beslissing reg?

B. Selfs as dit nie reg was nie, sou dit 'n skeuring in die kerk regverdig ?

C. Wat is ons waardering van die verklaring wat die Gereformeerde Kerke van die Nederlande geformulfeer het insake die genadeverbond en die doop?

Kommissie II het sy rapport oor die agenda besluit nipt vier konklusies wat in hul finale vorm deur die sinode as volg goedgekeur is: .—

1. Die sinode sal 'n herbevestiging (reaffirmation)! van ons Gereformeerde oortuiging opstel, met die doel om 'n fondament te lê vir toekomstige ekumeniese sinodes, wat die Gereformeerde karakter sal waarborg van ekumeniese sinodes waarheen ander kerke uitgenodig sal word.

2. Hierdie herbevestiging sal die karakter dra van 'n getuienis van ons geloof in die Heilige Skrif in die riioderne wereld. ,

3. Die sinode sal geleentheid gee vir 'n algemene toeligting, in geslote sitting as dit nodig geag word, op punte I, A—E in verband met die leer, soos aangedui in die rapport.

4. Aangaande III (kerklike moeilikhede in die Nederlande) sal die volgende prosedure gevolg word: Aangesien hierdie moeilikhede nie voldoende toegelig is nie, vra die sinode die deputate van die Nederlande om die voorgestelde sake te verduidelik in volle sinode, waarna die saak na die kommissie. terugverwys word vir advies.

'Die kommissie het sy konklusies 1 en 2 soos volg gemotiveer: .—

Die 'ekumeniese sinodes van ons kerke moet 'n ware Gereformeerde karakter besit as hulle van enige betekenis sal wees in die kerklike lewe. Met die oog op die geskiedkundige situasie in die verskillende lande, moet die sinode die fondament (grondslag) van toekomstige Geref. ekumeniese werk duidelik uiteensit en bepaal. Uit die aard van die saak kan hierdie verklaring nie 'n nuwe fondament aanwys nie, omdat ons kerke gefundeer is op die basis van die Heilige Skrif en ons Geref. Konfessies. As daar nie 'n krisis was in die kerke in verskillende lande ten opsigte van juis hierdie saak nie( d.w.s. die gesag van die Heilige Skrif en die geldigheid van ons Konfessies), sou 'n formele herinnering aan hierdie fon­ dament genoegsaam gewees het. As egter die teenswoordige omstandighede in aanmerking geneem word, beskou die kommissie dit raadsaam dat die sinode dadelik aan die begin met nadruk van hierdie fondament melding sal maak en spesiaal die absolute.gesag van die Heilige Skrif in sy geheel uiteensit, as die enigste en unieke fondament waarop die ekumeniese samewerking van' die Gereformeerde kerke vrugbaar kan wees.

Hierdie basiege verklaring moet gegee word in die vorm van 'n getuienis van die drie deelnemende kerke in die verwarring van ons tyd, die kenmerke waarvan duidelik sigbaar is in die verswakking van verskillende kern-(salient) leerstukke van die Christelike geloof, .selfs in die kerklike lewe van verskillende lande.

In die getuienis moet nie alleen met nadruk verklaar word dat die sinode die hele Heilige Skrif aanvaar as die gesaghebbende en onfeilbare Woord van God nie, maar ook dat in die versaking van hierdie fondartient van die Woord die dienste oorzaak gelee is van die verval van die moderne lewe en dat alleen in terugkeer tot die Woord redding (salvation) en vernuwing van die lewe verwag kan word.

[Noot: Twee punte van die oorspronklike a.eenda soos voorgestel deur ons.kerk is nie opgeneem in die finale agenda nie, n.l. die vraagstukke van verbond en doop en van die algemene genade (gemene grasie). Die eerste punt val onder III, C van die finale agenda en die algemene gedagte was dat die saak van die gemene grasie op hierdie tydstip nie juis enige spesiale oorweging vereis nie. Op versoek van u deputate is van ons oorspronklike agenda verwyder die punte in verband met internasionale samewerking en die houding van die kerk in hierdie verband, asook die rassekwessies. U deputate het gevoel dat die agenda reeds oorlaai was en dat genoemde punte miskien meer op die gebied van staat en maatskappy lê.]

Die vraagstukke van die gesag van die huidige sinode asook van die gesag van en verteenwoordiging op toekomstige ekumeniese sinodes is nie in bogenoemde agenda genoem nie, omdat dit alreeds na Kommissie I verwys was.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 19 april 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

De z.g. oecumenische „synode

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 19 april 1947

De Reformatie | 8 Pagina's