GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

UIT BUITENLANDSCHEKEREN

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

UIT BUITENLANDSCHEKEREN

16 minuten leestijd Arcering uitzetten

BrieL

Omdat in onderstaanden brief in „Die Kerkt»lad" van Zuid-Afrika ons zulk een kostelijke kijk gegeven wordt in de ziel van den Zuid-Afrikaner, nemen wij dit groote stuk, dat voor zichzelf spreekt, ditmaal geheel over.

Waarde Vriend,

So as ek u reeds in my laAste brief geskryf het, is daar 'n broeder, wat nie met my tevrede is, omdat ek met Kersfees 'n versie van die welbekende lied „Er ruischt langs de wolken" aangehaal het Die br. is Ph. v. d. Walt, ouderling Geref. Gem., Waterberg.

Om u nou die punt goed te laat verstaan, en dat u ook die beswaar van die broeder mag begryp is ek verplig, om die hele lied hier aan te haal. Dan kan br. v. d. Walt daar ook beter kennis van neem, en die broeder van Burgersdorp, wat die eerste versie so mooi gevind het, dat hy dit van buite geleer het, kan dan die hele lied ook in sy hoof prent. Jammer dat ek die mooie wysie nie daarby kan gee nie. Dan kon die vriend© dit ook sing.

Er ruischt langs de wolken een lieflijke naam, Die hemel en aarde vereenigt te zaam. Geen naam is er zoeter en beter voor 't hart, Hij balsemt de wonden en heelt alle smart. Kent gij, kent gij dien naam nog niet? Dien naam draagt mijn Heiland, mijn lust en mijn lied.

Die naam is in waarheid mijn Heiland ook waard, Want Hij kwam om zalig te maken op aard. Zoo lief Tiad Hij zondaars, dat Hij voor hen stierf; Het leven bij God door Zijn zoendood verwierf. Kent gij, kent gij dien naam nog niet? Dien naam draagt mijn Jezus, mijn lust en mijn lied.

Haast buigt zich ook alles voor Jezus in 't stof, (Jes. 45 : 23, Fil. 3 : 10).

En engelen zingen voor eeuwig Zijn lof; Och mochten w' ook allen om Jezus eens staan. Dan heffen wij juichend den jubeltoon aan: Jezus, Jezus, Uw naam zij d'eer.

Want Gij zijt der menschen en Engelen Heer.

Hier is nou die brief van die beswaarde broeder: Mnr die Redakteur van die Kerkblad. Eerw. broeder in Christus,

Ek wou graag van broeder T.H. die volgende vrae antwoord op hê na aanleiding van sy brief in die Kerkblad van 16/12/30 bl. 1787 (onder) daar staan;

„Er ruist langs de wolken 'n lieflike naam".

a. (1) Waar of wanneer het daar langs de wolken 'n naam geruis?

(2) Wat hoor mens mis? (3) Kan jy 'n naam hoor ruis?

(Die hemel en aarde verenigt te saam).

b. Vir welke doel verenigt huUe? c. Die digter vra, Ken jy die naam nie? Dan noem hy drie dinge op, wat die naam dra, n.l.

hy drie dinge op, wat die naam dra, n.l. (1) Mijn Heiland (Wie is nou die Heiland) ? (2) mijn lust. (3) mijn lied. JDie woord Heiland beteken tog saligmaker (Gelukbrenger).

d. Watter naam is dit nou? Sal die Mohamedaan nie sê die naam is Mohamed? d. of die afgodedienaar, dit is die naam van een of ander afgod nie?

Die digter self het nou drie dinge. Sal Jubal nie sê, dit is my lied, wat die naam dra? En Esou sal weer sê, die naam is my lus (Gen. 25:30—34).

Skryf br. T.H. vir Geref. lidmate? Is br. T.H. nou so verlief op die vrye lied dat hy in die hele, lieflike, voedende, sterkende en troostende Psalmboek nie 'n vers kon kry nie om sy kerkblad lesers mee te voed nie?

U dw. dn. en broeder in Christus, Ph. J. V. d. Walt, ouderling Geref. Gem., Waterberg.

Nou wil ek u eers iets van die geskiedenis van hierdie Kerslied vertel. Dit is gemaak deur die geliefde skrywer vir die jeug, die vrome Evangelis, E. Gerdes en soos 'n ander bekende skrywer sê, is hierdie lied

inderdaad uit die hart van die (Nederlandse) volk gegryp en wat daardeur 'n seldsame populariteit verliry het.

Op die Kersfees van 1856 is hierdie lied vir die eerste maal gesing deur die kinders van die Havelose skole en deur die van die Sondagskole van Ds de Liefde te Amsterdam. Meer dan drie duisend kinders en feesgenote het dit gesing onder die ligglans van 'n reusagtige spar, wat midde in die kerkgebou van Ds de Liefde geplant was.

Br V. d. Walt wil nou weet waar, en wanneer die naam geruis het, en of 'n naam kan ruis.

Ons voel en begryp almal by die lees van die lied, dat die digter ons eers wil verplaas na die velde van Efrata, waar die herders die nagwag by die kudde gehou het, en waar hul die hemelse heirskare toe in die lug het hoor sing ter ere van die Saligmaker, wat is Christus die Here. Luk. 2 : 13.

So vat Dr A. Kuyper in sy boek „In den Kerstnacht" pag. 1 dit ook op. Daar sê hy: Gods engelen dalen neder in Bethlehems velden en zingen elkander, ze zingen den mensch, ze zingen hun God toe... Ze komen neder op de aarde en ze hooren geen loflied voor dien Heilige, en daarom beginnen zij maar te zingen; zelf te zingen, of ze de voorzangers van anderen mochten worden. Het is zo stil in dien nacht, er is geen stem, geen toon! En hoor daar ruischt het van hun engelenlippen: Êere zij God in de hoogste hemelen, en zoo klimt er dan toch een psalm, 'n lied der aanbidding naar Hem, die verheerlijkt Zijn wil, van de aarde op. (pag. 3).

Verder sê dieselfde skrywer op pag. 22, met die oog op die Kersfeest en met sinspeling op hierdie lied: Zoo ruischt dan nu ook weer van de wolken; in onze kerken; van onze lippen de 1 i e f 1 ij k e naam van Jezus, en het_ lieflijk Evangelie ons door engelen toegezongen van „Eer voor God; op aarde vree en welbehagen in menschen".

Op pag. 25 skryf Dr Kuyper 'n stuk met die tietel: Er zal een ster voortgaan uit Jacob, en hy laat die meditasie aldus aanvang: Immanuël, onze Heiland, is opgegaan als een star in den nacht; als een lichtend gesternte temidden der donkerheid. Waar Z ij n Naam langs de wolken ruischt, druipt van die wolken licht neder. En zoo donker kan geen duistemisse over uw ziel trekken, of als ge Immanuël weer in 'toog vat, geniet uw zielsoog in de tinteling van de zaligste glansen.

Als onze kinderen zingen: „Geen naam is er zoeter en beter voor 't hart" dan jubelen ze in dien zang 'n zielservaring uit, die, voor hen veel te hoog, door de beminden des Heeren verstaan wordt, en waar zij slechts een Amen op geven uit de vrome trilling van hun kinderlijk gemoed.

Jezus is ons één en alles.

Elke andere naam troost slechts voor 'n wijle, maar Jezus' Naam spreidt zijn zalige vertroosting tot over het graf. Elke andere naam is gebonden aan de liefde en toewyding van 'n enkel volk, maar deze heerlike naam van onzen Jezus ruischt door alle natiën heen.

Die broeder kan dus sien, dat niemand minder dan Dr Kuyper hierdie kerslied van Gerdes gedurig aanhaal en daarop sinspeel en sy eie kinders dit gesing het. Waar die naam geruis het, en of 'n naam kan ruis sal die broeder seker nou wel verstaan, 'n Man as Kuyper wat die Nederlandse taal ken soos die beste, laat ook die „naam rui s".

As die broeder nie kan verstaan, dat die naam van die Here, deur duisende van mense aangehef en verheerlik, nie langs die wolke of deur die tempelgewelwe of, sê maar, by 'n Dingaansfees tussen die geboomte kan deurruis, sal hy seker ook nie kan verstaan, dat die lof en die eer van die Here kan „k 1 i n k" deur die hemelhoge. Ps. 33 : 7.

As mens nou om 'n mooi vers effens belaglik te maak, vra of 'n naam kan ruis, sou ek die broeder op my beurt wil vra, of hy al gesien het, as hy in sy saailand kom, dat 'n opgeploegde voor dronk is, sodat hy slinger en vir hom mal aanstel. Tog staan dit in die pragtige versie van Ps. 65 : 7 dat Gods hand die vore dronk maak. En dan sou ek wil weet, of die broeder al die sware koringare het hoor j u i g en dan nog wel elkeen op sy eie wysie, en of hy hul al rerig het hoor sing, soos eweneens in die hoogdigterlike Ps. 65 gesê wordt. Vers 9.

In Ps. 98 word die riviere opgewek, om in die hande te klap. En ek vind dit pragtig, maar as iemand hom nie kan voorstel, dat 'n naam kan ruis sou ek wel wil weet of hy kan verstaan dat 'n rivier, 'n stroom, 'n spruit hande het en dat hul daar dan ook mee kan klap.

As mens die bo-genoemde boek van Kuyper „In den Kerstnacht" lees, kan jy amper om die ander bladsy sien, hoe ook gedurig hierdie innig vrome held Gods die lied, wat hy as elk ander Christen-Nederlander in sy kinderjare gesing het, voor die aandag kom. Met Kersfees hoor hy die innig vrome lied in sy omgewing en eweneens in sy hart weerklink. Hy kan daar nie van los kom. Ek ook nie, en honderd duisende ander Christene ook nie.

Aan die ent van die boek word Kuyper swaarmoedig. Die opgewekte toon is gedemp. Hy sê, dat 'n sterk gevoel van verlatenheid sig aan hom opdring. Hy hoor die gevloek op die strate, die lastertaal klink ooral en dan sing ons nog „Er ruischt langs de wolken een lieflijke naam". Maar die naam word nie meer gehoor nie. Van die wolke hoor mens die donderslae. Ja vroeër kon men, sê hy, dat „ruischen langs de wolken" zó verstaan, „dat er van deze aarde een gedurig loflied voor uw Jezus opsteeg, dat langs de golving van het luchtgewelf voort werd geplant... maar zij zijn voorbij de dagen van vroeger glorie, toen alle volk en natie in Europa uittoog naar buiten en luidkeels zong van den Eenig Geliefde, en alle lofzang Hem werd gewijd".

Hier is Dr Kuyper nou te neergedruk as hy sê, dat die naam nie meer daar buite weerklink in die Kersnag. Self het ek meermale gehoor, dat manne en vroue in die stille Kersnag uitgaan na buite, en van huis tot huis die naam van Jesus luidkeels Jofsjng. En deurdat die naam van Jesus altyd meer onder die

heidene gepredik wordt, word die naam ook altyd meer aangehef en al mag dit nou digterlik uitgedruk wees, dat die Naam langs die wolke ruis, hy ruis tog in vele tale, onder bale nasies en volke op Kersfees met blye stem, en op hoë toon deur die helder lug. As Kuyper in sy swaannoedigheid daar sê, (ift later stukke spreek hy weer anders), as hy sê, dat hy niks van die wolke hoor dan die stem van Gods donder, dan sou ek wel wil weet, hoe hy Ps. 19 opvat. Daar hef die digter mos op hoë toon aan:

Het ruinie hemelrond Vertelt met blijden mond, Gods eer en heerlijkheid. De heldre lucht en 't zwerk Verkondigen Zijn werk En prijzen Zijn beleid.

Hier spreek die Psalmdigter nie van donder uit die hemelrond on van uit die lug en swerk, maar van 'n b 1 y d 6 mond, waarmee hul Gods eer vertel.

Dan wil br. v. d. Walt graag inligtings hê, hoe die naam van Jesus „hemel en aarde" verenig.

Dit is juis die groot versoeningswerk van die Heiland, dat Hy hemel en aarde by mekaar bring. Hy dra die skone naam van „Immanuël" „God met ons". Voor die val was hemel en aai'de so te sê „verenig". Die paradys was die hemel op aarde. Deur die sonde is hemel en aarde geskei en uit mekaar genik. Dit mog nie so bly.

Jesus, Gods Seun, kom van die hemel op aarde. Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou. Waar Jesus kom, bring Hy die hemel saam. As Hy rêrig in ons hart, in ons huis, in die gemeente kom, dan bring Hy die hemel. „Daar woon hy self, daar word sy heil verkry en die lewe tot in ewigheid."

God het sy eniggebore Seun gegeë, om die wereld te red. Joh. 3 : 16. Die engele het gesing van ere in die hoogste hemele en vrede op aarde, en welbehage in mense. Is dit nie die hemel op aarde bring en die skeiding wegneem? Dit is juis die groot werk van die Heiland dat Hy hemel en aarde weer by mekaar bring.

Die disiepels het op die aarde vertoef en gewerk, maar hul name was in die hemele geskryf. Die Koninkryk Gods het gekom, sê die Heiland, en dit is binne in u. Luk. 17 : 21.

So moet ons ook soek die dinge wat bo is, en ons wandel moet in die hemel wees Fil. 3 : 20. Paulus was opgetrek in die derde hemel. Die sterwende Stefanus sien van die aarde in die hemel en sien die Seun van God daar staan. Plegtig verkondig die Here aan sy disiepels: y is gegeven alle macht in den hemel en op de aarde.

Die éne, heilige, algemene Christelike Kerk is die liggaam van die Here. Een deel daarvan, die triomferende Kerk, is in die hemel, en die ander deel, die strydende, is op die aarde. Maar hul is één. Christus as die Hoof woon in altwee, sê die Kategismus. Die vereniging is nou nog slegs ten dele, maar eenkeer kry dit sy volle beslag. Met die wederkoms van Christus gebeur dit.

In Openb. 21:2 sê Johannes: En ik zag de heilige stad, het nieuwe Jeruzalem nederdalende van God uit den hemed, toebereid als een bruid, die van haren man versierd is". Dan is daar volgens vers 1 'n nieuwe hemel en 'n nieuwe aarde. En die nieuwe Jeruzalem pas daarby. „Hemel en aarde verenig te saam".

En zijn godgeheiligd zaad Zal 't gezegend aardrijk erven. (Ps. 25).

As dit die broeder swaar val om hierdie kort uitdrukking: „Die hemel en aarde verenigt te zaam" nie in sy diepte en ware Bybelse betekenis kan vat, sou ek vir hom wil aanraai om die Sondae 14 tot 20 van die Kategismus mooi te oordink. In vraag 49 staan, dat Christus ons Voorspreker is. Dat ons ons vlees, let wel, hoe aards sou mens amper kan sê, in die hemel tot 'n seker pand het, dat Hy as die Hoof ons as sy lidmate, ook eenmaal tot Hom sal neem ens.

Nou gaan die broeder verder, en begin die versie uitlê. Hy sê: Die digter vra, ken jy die naam nie? Dan noem die digter drie dinge wat die naam dra n.l. (1) Mijn Heiland, (2) Mijn lust en (3) Mijn lied. Nou is ons dit almal duidelik, dat as jy iets wil verklaar, jy dit self wèl moet verstaan, anders loop jy vas met jou verklaring en kom jy daar nie te bes al. Nou blyk dit, dat die Hollands van die versie vir br. v. d. Walt te swaar is. Hy vat dit heeltemal verkeerd op. In die spraakkuns word geleer, dat elke sin 'n „onderwerp" en 'n „voorwerp" het. Die „ondei-werp" handel en die „voorwerp" ondergaan die handeling. Nou moet mens altyd by die lees vra, wat is die onderwerp en wat die voorwerp in 'n sin, anders raak jy gedurig in die war. Nou sê die broeder in sy misverstaan van die sin, dat die naam drie dinge dra. Die naam werk hier dus, en is by hom onderwerp. Heeltemal verkeerd. Die mening van die sin is kort en duidelik: „Mijn Heiland, die mijn lust en mijn lied is, draagt die lieflike naam". Br. v. d. Walt moet maar die skoolmeester daar vra, of ek reg is. Miskien glo die broeder nie vir my. Deur sy verkeerde verklaring maak br. v. d. Walt die digter en natuurlik ook Dr Kuyper en my tot maats van'Mohammed en die afgode-dienaars; van Jubal en Esou, en hy wil bewys met kapittel en vers dat hy reg is.

Die broeder neem hier die houding van 'n uitlêer aan, en slaan effens 'n toon aan om my reg te sit. Ek neem dit die broeder nie kwalik. Ek hou van mense wat reguit hul mening sê, maar dan moet hul darem daarby mooi verstaan, wat hul lees, en dit doen die broeder hier nie. Mohammed en die afgode-dienaars en Jubal en Esou kan dus nou maar bly rus. Die naam dra niks nie, maar die Heiland dra die heerlike naam.

Heiland beteken ook nie „saligmaker (gelulibrenger)" so as die broeder ons verder wil verklaar, maar Heiland beteken letterlik: „heler, geneesmeester", en die digter gebruik hierdie mooi woord met die oog

op 'n voorgaana© reei 111 dlfe ëölCSïè versie waar staan: ij balsemt de woijden en heelt alle smart. Dit grond, hy natuurlik op Ex. 15 : 26, waeir ons lees: Want Ik ben de Heere, uw Heelmeester" en met sinspeling op Jer. 8 : 22: Is er geen balsem in Gilead, is er geen heelmeester aldaar? "

Die Heiland, die Geneesmeester, wat die wonde van die gebreke en verbryselde hart balsem en die diepe smart van die siel genees, Hy is, sê die digter, my lus en hy is my lied. Dit staan hier. Die laaste is ook 'n Bybelse uitdrukking. In Exod. 15 : 2 sing Moses van die Here: Hij is mijn kracht en mijn lied". Herhaaldelik juig ons ook in die kerk van die Here God: ij is mijn lied, mijn psalmgesang.

Nou wil die broeder verder graag weet, of broeder T.H. vir Geref. lidmate skryf. My antwoord is ja, ek skryf vir Geref. lidmate en as ongereformeerde dit wil lees, mag hul dit ook doen. Miskien kan dit hul tot seen wees.

Hier moet ek nou vir die keer eindig. Die volgende keer sal ek antwoord op die vraag in die brief oordie vrije lied.

Ek wil hier nog sê, dat broeder v. d. Walt meen dat ek nie Gereformeerd is nie, enkel en alleen omdat ek die versie aangehaal het, wat hy soos dit blyk nie mooi verstaan het nie. Mens moet nou nie so wees nie, dat hy elke stukkie waar die naam predestinasie nie juis in voorkom as ongereformeerd beskou.

Ons moet ons ywer nie so ver dryf as die seun, wat met 'n blou potlood al die tekste in die Bybel, wat na sy sin nie Gereformeerd was, deur geskrap het. Sy Bybel was toe 'n verminkte Bybel.

Die enghartigheid van party mense kan my so benou en my hart beklem. Beste groetes.

U vriend, T. H.

In dezen brief staat eigenlijk geen enkele zin, die iets nieuws brengt. Maar hoe fijn is de humor, hoe naief klinkt ons deze taal!

J. W.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 17 april 1931

De Reformatie | 8 Pagina's

UIT BUITENLANDSCHEKEREN

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 17 april 1931

De Reformatie | 8 Pagina's