GeheugenvandeVU cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van GeheugenvandeVU te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van GeheugenvandeVU.

Bekijk het origineel

Persstemmen.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Persstemmen.

11 minuten leestijd Arcering uitzetten

Licht over de zaak-Prof. J. du Plessis.

Het bericht, dat onlangs uit Kaapstad werd geseind over de'zaak van Prof. J. du Plessis was zóó kort, dat begeerig werd uitgezien Haar meer licht.

Zijn naamgenoot, prof. J. A. du Plessis, geeft in , , Die' Kerkhlad" van 20 Nov. j.l. een overzicht van wat ter Synode werd verhandeld, waardoor veel wordt opgehelderd.

Hij schrijft:

Die Kaapstadse Sinpde van die Ned. Geref. Kerk het twee kommissies benoem, een oor die Leerverskille, wat ons kan noem 'n Dogmatiese Kommissie, en 'n ander oor die kerklike prosedure in die saak van die appèl van die Kuratore teen die beslissing van die Ring van Stellenbosch in die Prof. Du .Plessis-saak. Hierdie kommissie kan ons noem die Kerkregielike Kommissie.

Hierdie kommissies het rapporte uitgebring, elkeen verdeel in 'n meerderheids-en 'n minderheidsrapport.

Die Dogmatiese rapporte is uitgebreid en is in die pers gedruk.

Die minderheidsrapport het eers voorgestel dat die leerverskille verwys sal word na 'n kommissie uit die vier Prowinsiale Ned. Geref. Kerke. Die meerderheidsrapport het aangedring op afhandeling deur die Sinode.

Met oorgrote meerderheid is tot die laatste besluit en so, v/as die Sinode sedert Woensdag, 8 November, besig met die inhoud van die rapporte.

Die meerderheidsrapport veroordeel die Ewolusieleer, die Hoëre Kritiek met sy rekonstruksie van die geskiedenis van Israel, liandhaaf verder die inspirasie van die gehele inhoud van die Skrif, verwerp die Kenosisteorie (ontledigingsteorie) namelijk dat Christus Sy goddelike eiensfcappe afgelê het en daarom nie in sake die Ou Testament ens. met onfeilbare gesag gespreek het nip. Verder verdedig hierdie rapport die versoeningsleer van die Kategismus in die Awendmaalsformulier, namelik dat Christus die toorn van God gedra het,

Eindelik konstateer die rapport dat elke hoogleraar en predikant streng gebonde is aan die ondertekeningsformulier. Die minderheidsrapport verraai die gevoelens van Het Zoeklicht. Reeds het geblyk dat die Sinode met groot meerderheid aan die kant van die meerderheidsrapport staan. Die debatte was ernstig en gespanne. Ek laat hier een en ander volg, geneen uit Die Vo 1 k s bl ad:

Hoer Kritiek.

Na breedvoerige besprekings oor die saak het Dr H, A. Lamprecht (Golesberg) vandag in die Kaapse Sinode die aanname voorgestel van die aanbeveling ij die meerderheidsverslag van die Kommissie insake die [jcer, nl, „insake die hoer kritiek of idie rekonstruksie van die geskiedenis van Israel is u Kommissie van oordeel dat hierdie beskouing o.a. die volgende kardinale leerstukke van die Kerk ondermyn, wysig of verwerp, nl. (a) die Mosaiese oorsprong van die Peutateuclr, (b) die geskiedkundigheid van die Ou-Testamentiese geskiedenis, (o) die leer van 'n bo-natuurlike Godsopenbaring, (d) die wonder, (e) die onfeilbare inspiratie van Gods Woord, (f) die absolute gesag van die Heilige Skrif, (g^ die waaragtige Godheid van Christus, (h) die ganse verlossingsplan soos neergelê en geopenbaar in die Heilige Skrif. Dit is in stryd met Gods Woord en die belydenisskrifte van ons Kerk, en moet derhalve verwerp word as dwaalleer."

Ds H. Pienaar (Malmesbury) stel vervolgens A-oor , - , in sover die historiese en letterkundige kritiek van die Bybel (a) die gesag van Gods Woord aantas, (b) die bonatuurlike in die Bybel ontken, (c) die geskiedkundigheid van die Ou Testament verwerp, (d) die Goddelikheid en menslikheid in die Skrif so wil skei dat een bestanddeel wel Gods Woord en 'n ander dié van die mens is, en ontken dat die hele Skrif Gods Woord is, en (e) die godheid van die Here Jesus Christus verwerp, word die kritiek deur die Sinode verwerp.

Die Besluit.

Die bespreking het aangehou tot die verdaging, is die hele namiddag voortgesit, en is nou om 9.25 tot stemming gebring, toe die voorstel van Dr Lamprecht aangeneem is met 257 teen 31 stemme, en die amendement van Ds Pienaar dus verwerp is.

K e n o s i s-1 eer.

Die vraagstuk van die aflegging van goddelike eienskappe deur Christus, die sogenaamde KenosisJeer, kom daarna onder bespreking met 'n voorstel van Ds Truter (Die Strand), dat die Sinode nie die meerderheidsrapport, waarin verklaar word dat die Kenosis-teorie (a) die waaragtige en onveranderlike godheid van Christus, (b) Sy profetiese amp as onfeilbare Leermeester, (c) Sy hoë priesterlike amp as „middelaar des mensen", aantas en in stryd is met Gods Woord en die Belydenisskrifte van ons Kerl^ en om bogenoemde redes as dwaalleer moet verwerp word. Spreker bepleit hierdie voorstel in die sin dat die Kenosis-leer nie, die Godheid van Christus ontken nie, maar albei nature van Christus handhaaf, o.a. word in die Bybel geleer dat Christus toegeneem het in grootte, kennis en genade, d. w. s. liggaamUk, verstandelik en geestelik. Ook word geleer dat Hy versoeking weerstaan het, terwyl die Bybel tog duidelik sê dat God nie aan versoeking blootgesteld kan word nie. In hierdie verband haal spreker aan Pil. 2 vers 7 en Gesang 112 vers 4. In die Kweekskool word die Kenosis-leei baie jare al onderrig en in die eksamens word vrae gereeld daaroor gestel. Hy wil hê dat die saak by die bespreking sal gelaat word.

Ds S. H. Rossouw (Albertinia) stel hierop die aanname van die aanbeveling van die meerderheidsverslag (soos hierbo gegee) voor. Met aanhaling van Bybel-

tekste toon spreker aan dat Christus goddelike eienskappe, soos alwetendheid en almag, behou het, en die aanhalings deur Ds Truter beskou hy nie as bewys vir die teenoorgestelde standpunt nie. Christus het wel Sy CToddelike heerlikheid nie laat uitstraal nie, omdat monse hom anders nie sou kon aanskou het nie. Dit is wat die aanhalings aantoon.

Die amendemente word vervolgens in stemming gebring en verwerp met omtrent 300 teen 10 stemme, terwyl die oorspronklike aanbeveling van die opstellers van die meerderheidsverslag aangeneem word met •221 teen 71 stemme.

I n s ï) i r a s i e. Nou kom aan die beurt die aanbeveling in die meerderheidsverslag waarin die Sinode gevra word om dit as sy oordeel uit te spreek dat „rakende die inspirasie van die Heilige Skrif is u Kommissie van oordeel dat beide die Belydenisskrifte en Gods Woord 'n volle inspirasie-leer voorstaan, waarvolgens die Heilige Skrif van godddike oorsprong is en deur die Heilige üees geinspireer, ien al sy dele onfeilbaar en absoluut gesaghebbend is, en om hierdie rede moet elke inspirasiebegrip wat leer dat slegs religieus etiese waariiede in Gods Woord geinspireer is en dat Gods Woord in die Bybel (en nie die Bybel Gods Woord is nie) as dwaalleer deur die Kerk verwerp word."

Ds A. M. McGregor (Drie-Ankerbaai) dien die volgende teenvoorstel in: , _, Insake. die inspirasie van die Bybel is hierdie vergadering van oordeel dat die Heilige Skrif van goddelike oorsprong is en deur die Heilige Gees geinspireer is, nl. dat heilige mense Gods, deur die Heilige Gees gedryf, dit uitgespreek het en dat die Skrif nieteenstaande die noodwendige menslike lieperkings van die middel waardeur dit tot ons gekom hetj die - wil van God volkome bevat, en dat al wat die mens verskuldig is om salig te word daarin genoeg-.saam geleer word.

Bale ander lede van die Sinode het nog hul sienswyse oor die saak uitgespreek, maar eindelik is die aanbeveling insake die inspirasie in die meerderheids-Yerslag met ongeveer 250 teen 20 stemme aangeneem. Oor die Ewolusie is 'n kompromis voorstel aangeneem. Die Sinode spreek hom nie uit oor die Ewolusie as 'n wetenskaplike teorie nie, maar verwerp dit in dover dit Gods Woord en die Belydenis aantas.

O n d e r t e k e n i n g s f o r m u 1 i e r G e w y s i g.

Die volgende wysiging in die ondertekeningsformulier van predikante is aangebring deur die Sinode op voorstel van Ds Lategan: Na die woorde in die formulier „met Gods Woord overeenkomen" word gevoeg ..als zijnde in al zijn delen gezaghebbend en door de Heilige Geest geïnspireerde, gescriptueerde heilsopenbaring en als zodanig 'n onfeilbare maatstaf voor de waarheid zoals door onze Kerk geleerd" (miskien moet gelees word „geinscriptureerde"., wat beteken dat die Skrif (geskrywe woord) geinspireer is).

Besware hierteen is ingebring veral deur Oudl. Senator F. S. Malan, wat vrees vir hofsake om die verandering. Volgens sy beskouing was hierdie voorstel in stryd met die Geloofsbelydenis, waarin daar, na sy beskouing, onderskeid gemaak word tussen Gods Woord en die Heilige Skrif. Die geloofsbelydenis leer, sê hy, dat Gods Woord vervat is in die Heilige Skrif.

Die voorstel van Ds Malan * is met 239 teen 70 .stemme aangeneem.

V a k a t u r e.

Die Sinode het 'n kommissie van 10 lede benoem om, hl geval 'n vakature aan die Teologiese Kweekskool ontstaan, 'n Professor te benoem.

Appèl Kuratore in die Saak Prof. Du Plessis.

Die Kerkregtelike Kommissie was ook verdeel en het ook 'n meerderheids-en 'n minderheidsrapport voor die Sinode gele, die laaste onderteken deur oudl. F. S. Malan.

Die meerderheidsrapport handhaaf die Appèl van die Kuratore teen die beslissing van die Ring van Stellenbosch wat Prof. Du Plessis vry gespreek het van die Kuratore klag van onregsinnigheid.

Maandag, 12 November het die Sinode met bierdie saak, wat in verband staan met die dogmatiese kwes-•sies reeds afgehandel, begin. Die Sinode het die appèl van die Kuratore gehandhaaf met 218 teen 37 stemme.

Die Sinode het verder met 219 teen 25 stemme besluit dat daar genoegsame gronde bestaan om 'n „akte van beskuldiging teen die Professor in te dien en die saak is weer na die Ring van Stellenbosch vir onmiddellike behandeling verwys.

Die Prosedure wat gevolg moet word as die Ring van Stellenbosch die Kuratorium van die Kweekskool nie met sy bevinding insake die saak teen prof. dr J-du Plessis bevredig nie, het langdurige bespreking uitgelok.

Ds Van Huyssteen (Montagu) stel voor: „Aangesien daar inligting en getuienis beskikbaar is, wat nie voor die Ringskommissie en die Ring van Stellenbosch gedien het nie en ook omdat die Ringskommissie en die Ring in gebreke gebly het om 'n voorloopige ondersoek in te stel om verdere inligting te verkry, en aangesien die Sinode besluit het dat daar genoegsame gronde vir die opstelling van 'n akte van beskuldiging teen prof. dr J. du Plessis is, en aangesien hierdie vergadering dit aan die Ring van Stellenbosch opgedra het om 'n akte van beskuldiging teen genoemde persoon in terme van die Kerkwet op te stel en om die saak onverwyid op 'n buitengewone vergadering van die Ring van Stellenbosch in behoorlike verhoor te neem, so word dit aan die Moderatuur opgedra om, indien die kuratore huUe nie met die uitspraak of bevinding van die Ring kan, verenig nie, met inagneming van die verpligting wat op die Kuratorium rus om te waak vir die suiwerheid van die kerkleer aan die Kweekskool, om 'n eersdaagse buitengewone sitting van die Sinode byeen te roep ten einde die saak finaal af te handel."

Ds H. Pienaar (Malmesbury) het daarop gewys dat die Sinode sy beheer oor tugsake aan die Ringe afgestaan het kragtens die Kerkordonnansie van 1843 Die Sinode kan slegs 'n predikant af sit as die Ring 'waaronder hy ressorteer, hom skuldig bevind en sy afsetting aanbeveel het. Aan die hand is gegee dat die Sinode hierdie afgestane rog weer moet terugneem deur behoorlike kennisgeving, dog ds W. Naudé (Aliwal Noord) het daarop gewys dat die Sinode dan nog magteloos teen prof. dr J. du Plessis sou staan, orddat alleen professore wat na die wysiging van die Kerkwet aangestel word, daardeur geraak sal word.

Tot stemming gebring, word die voorstel van ds Van Huyssteen met 203 teen 20 stemme aangeneem. -

Net voordat die Kaapse Sinode gesluit het, het ds H. Pienaar (Malmesbury) aan die Hoog Eerw. vergadering die redes voorgelees waarom hy en sestig ander nie daartoe kon kom om die meerderheidsverslag van die verslae oor die leervraagstukke van die Kerk te steun nie. In die protes, wat op versoek en volgens die algemeen gangbare gebruik saam met die bylae in die gedrukte notule opgeneem sal word, word ses redes vir hul handelwyse aangege. O. m. maak die sestigtal beswaar dat die groot saak waarmee die Sinode te doen gehad het, nie aan 'n bevoegde inter-kerklike kommis93 sie vir behandeling opgedra was nie. Ook word protes aangeteken dat die uitleg rakende sekere leerstellinge van die Kerk, wat hoegenaamd nie omskrywe is nie, aan andersdenkendes sal opgedring word. Hulle meen dat daar ruimte vir verskil van mening binne die perke van die belydenisskrifte is en behoort te wees.

Hieruit blijkt alzoo, dat de Synode te Kaapstad op andere wijze te werk ging dan de Synode te Assen.

Zij behandelde niet uitsluitend het konkrete geval, maar deed allereerst uitspraak over de algemeene 'kwesties, welke hiermee samenhingen.

De overgroote meerderheid stond aan de goede zijde.

De besluiten werden aangenomen respectievelijk met 257 tegen 31, 221 tegen 71, 250 tegen 20 stemmen.

Overeenkomstig de „kerkwet" is de zaak zelf weer naar den ring Stellenbosch verwezen, maar met de opdracht om een akte van beschuldiging tegen prof. du Plessis op te stellen.

Indien noodig komt de Synode dan weer in buitengewone vergadering bijeen.

Het is verblijdend, dat de Synode zulk een ondubbelzinnig geluid deed hooren, al boezemt het bestaan van een minderheid bezorgdheid in.

De vraag is of die minderheid, als de zaak konkreet aan de orde 'komt, inkrimpen of zich uitbreiden zal en welke maatregelen te haren opzichte zullen worden genomen. Mocht met volledige handhaving van de waarheid de Ned. Geref. Kerk aldaar voor scheuring bewaard blijven!

Achter den naam van Ds Malan plaatsen wij een *. Dit zal wel moeten zijn Ds Lategan.

HEPP.

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 21 december 1928

De Reformatie | 8 Pagina's

Persstemmen.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 21 december 1928

De Reformatie | 8 Pagina's